Crusaders kies groot kanonne
2011-06-23 14:16
In-diepte Verslae
Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.
Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.
Johannesburg – Richie McCaw is steeds beseer maar die Crusaders is versterk met die terugkeer van twee van hul staatmakers vir Saterdag se uitspeelstryd teen die Sharks in Nelson.
Die groot nuus, daardie deel wat die Sharks en hul ondersteuners die minste sal wil hoor, is dat Sonny Bill Williams op binnesenter sal uitdraf.
Williams het die Sharks se senterpaar geterroriseer toe dié twee spanne mekaar in Maart op Twickenham gepak het.
Die All Black-ster het daardie dag telkemale die gate in die Durbaniete se verdediging blootgestel. (Die Kiwi's het eindelik met 44-28 geseëvier.) Iets wat spanne soos die Stormers ook kon regkry.
Die blitsige Sean Maitland, wat teen die Stormers op Nuweland seergekry het, is weer fiks en sal op vleuel uitdraf.
Afskoptyd Saterdag in Nelson is 09:35.
Crusaders:
15 Tom Marshall, 14 Sean Maitland, 13 Robbie Freuan, 12 Sonny Bill Williams, 11 Zac Guildford, 10 Dan Carter, 9 Andy Ellis, 8 Kieran Reid (kaptein), 7 Matt Todd, 6 Sam Whitelock, 5 George Whitelock, 4 Brad Thorn, 3 Owen Franks, 2 Corey Flynn, 1 Wyatt Crockett.
Plaasvervangers: 16 Quentin MacDonald, 17 Ben Franks, 18 Luke Romano, 19 Johanthan Poff, 20 Kahn Fotuali’I, 21 Matt Berquist, 22 Ryan Crotty/Brent Ward.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24