Crusaders bo in Twickenham-skouspel
2011-03-27 19:46
In-diepte Verslae
Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.
Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.
Kaapstad - Die Crusaders het vyf drieë teenoor vier van die Sharks gedruk om dié geskiedkundige Super 15-wedstryd op Twickenham, Engeland, te wen.
Toe die eindfluitjie geblaas het, was die telling 44-28 in die Crusaders se guns, maar die Sharks was enduit in die prentjie.
Die Suid-Afrikaners het egter ‘n hele paar geleenthede om af te rond verspil, met hul hanteerwerk, tydsberekening en besluitneming wat gepla het.
Nietemin kon hul vier goeie drieë druk en só ‘n bonuspunt verdien.
Die wedstryd het soms meer soos ‘n Barbarians-feeswedstryd gevoel as ‘n belangrike Super 15-kragmeting. Albei spanne het vanuit alle hoeke van die veld aangeval en die skare van 35 000 op hul voete gehad.
Die wedstryd is na Twickenham geskuif, aangesien die Crusaders se tuisveld, die AMI-stadion in Christchurch, deur die verwoestende aardbewing op 22 Februarie beskadig is.
Die wedstryd het ook gehelp om fondse in te samel om slagoffers van dié aardbewing by te staan.
Puntemakers:
Crusaders – drieë: Sean Maitland (2), Dan Carter, Israel Dagg, Zac Guildford.
Doelskoppe: Carter (4), Matt Berqvist.
Strafskoppe: Carter (3)
Sharks – drieë: Willem Alberts, Jacques-Louis Potgieter, Alistair Hargreaves, Odwa Ndungane.
Doelskop: Potgieter.
Strafskoppe: Potgieter (2)
- Vir die jongste sportnuus, volg Nuus24Sport op Twitter
- Nuus24