Cronje, Jantjies draf uit teen Sharks
2011-04-27 15:52
In-diepte Verslae
Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.
Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.
Kaapstad - Die Stormers se breier, Allister Coetzee, het vier veranderinge aan sy span gemaak wat Saterdag in die Super Rugby-kragmeting teen die Sharks op Nuweland gaan uitdraf.
Coetzee het Peter Grant aanvanklik tot Vrydag tyd gegee om 'n fiksheidstoets te slaag, maar Woensdag besluit om die nr. 10-trui aan Lionel Cronje te gee. Cronje vervang Gary van Aswegen wat in die Super Rugby-wedstryd teen die Lions beseer is.
Jean de Villiers vervang Juan de Jongh op binnesenter terwyl Conrad Jantjies sy plek op heelagter behou.
So lyk die span:
Stormers: 15 Conrad Jantjes, 14 Gio Aplon, 13 Jaque Fourie, 12 Jean de Villiers, 11 Bryan Habana, 10 Lionel Cronje, 9 Dewaldt Duvenage, 8 Duane Vermeulen, 7 Francois Louw, 6 Schalk Burger (kaptein), 5 Andries Bekker, 4 Rynhardt Elstadt, 3 CJ van der Linde, 2 Deon Fourie, 1 Wicus Blaauw
Plaasvervangers: 16 Ethienne Reynecke, 17 Brok Harris, 18 De Kock Steenkamp, 19 Nick Koster, 20 Ricky Januarie, 21 Kurt Coleman, 22 Juan de Jongh
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- Sport24