Craig Joubert blaas S14-eindstryd
2010-05-14 11:01
In-diepte Verslae
Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.
Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.
Kaapstad - Die Suid-Afrikaner Craig Joubert is as skeidsregter gekies vir die eindstryd van die Super14-toernooi vanjaar op 29 Mei.
Australië se Stuart Dickinson en Mark Lawrence van Suid-Afrika sal onderskeidelik die twee Super14-halfeindwedstryde op 21 en 22 Mei blaas.
Joubert (32) is die sesde Suid-Afrikaanse skeidsregter wat in ‘n Superrugby-eindstryd blaas en volg in die voetstappe van Freek Burger (1993), Tappe Henning (1997), André Watson (1999, 2000, 2002, 2003, 2004), Jonathan Kaplan (2005, 2006, 2009) en Mark Lawrence (2008).
Dié Suid-Afrikaner het reeds in 48 Superrugby-wedstryde as skeidsregter opgetree en na die stryd tussen die Lions en Cheetahs Saterdag in Welkom, sal die eindstryd op 29 Mei sy 50ste met die fluitjie wees.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
- Sport24