Conrad Smith fiks vir stryd teen Reds
2013-02-27 10:59
In-diepte Verslae
Die Springbok-losskakel Morné Steyn het al die Bulls se punte aangeteken om sy span teen die Sharks op Kingspark te laat seëvier.
Die Cheetahs se afrigter, Naka Drotské, het die versoeking weerstaan om Heinrich Brüssow in die 15-tal te kies vir die stryd teen die Higlanders.
Kaapstad – Die All Black-senter Conrad Smith het betyds van sy besering herstel om vir die Hurricanes uit draf in die Super-rugbystryd teen die Reds.
Afskoptyd Vrydag in Brisbane is om 12:20.
Die veteraan-senter het 'n stamp teen die kop gekry in die Hurricanes se oorwinning verlede naweek teen die Blues, maar toetse het onthul dat die besering nie ernstig is nie.
Dit beteken dat hy in die nr.13-trui met Tim Bateman as sentermaat sal uitdraf.
Die enigste ander verandering aan die vyftiental is Jeffrey Toomaga-Allen se insluiting op vaskopstut.
Spanne
Reds:
15. Aidan Toua, 14. Dom Shipperley, 13. Chris Feauai-Sautia, 12. Ben Tapuai, 11. Digby Ioane, 10. Quade Cooper, 9. Ben Lucas, 8. Ben Lucas, 7. Liam Gill, 6. Eddie Quirk, 5. Ed O’Donoghue, 4. Rob Simmons, 3. James Slipper (kaptein), 2. Saia Fainga’a, 1. Greg Holmes
Plaasvervangers: 16. James Hanson, 17. Albert Anae, 18. Adam Wallace-Harrison, 19. Radike Samo, 20. Nick Frisby, 21. Mike Harris, 22. Luke Morahan
Hurricanes:
15 Andre Taylor, 14 Alapati Leiua, 13 Conrad Smith (kaptein), 12 Tim Bateman, 11 Julian Savea, 10 Beauden Barrett, 9 TJ Perenara, 8 Brad Shields, 7 Karl Lowe, 6 Victor Vito, 5 Jason Eaton, 4 Jeremy Thrush, 3 Jeffery Toomaga-Allen, 2 Dane Coles, 1 Ben Franks
Plaasvervangers: 16 Motu Matu’u, 17 Reggie Goodes, 18 James Broadhurst, 19 Faifili Levave, 20 Chris Smylie, 21 James Marshall, 22 Reynold Lee-Lo
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24