Coetzee lê snoeiskêr in vir stryd teen Cheetahs
2012-02-01 14:32
In-diepte Verslae
Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.
Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.
Kaapstad – Die Stormers se breier, Allister Coetzee, het heelwat veranderinge gemaak aan die span wat Saterdag in 'n opwarmstryd teen die Cheetahs op Nuweland in Kaapstad uitdraf.
Die voormalige Blou Bul-speler Gerhard van den Heever vervang Joe Pietersen op heelagter.
In die losskakel-posisie maak Gary van Aswegen plek vir Demetri Catrakilis en die Springbok Deon Carstens vervang Steven Kitshoff op loskopstut.
Stormers:
15 Gerhard van den Heever, 14 Danie Poolman, 13 JP du Plessis, 12 Marcel Brache, 11 Ederies Arendse, 10 Demetri Catrakilis, 9 Nic Groom, 8 Nizaam Carr, 7 Siya Kolisi, 6 Schalk Burger (kaptein), 5 De Kock Steenkamp, 4 Rynhardt Elstadt, 3 Frans Malherbe, 2 Deon Fourie, 1 Deon Carstens.
Plaasvervangers: 16 Siyabonga Ntubeni, 17 Steven Kitshoff, 18 Brok Harris, 19 Eben Etzebeth, 20 Don Armand, 21 Nick Fenton-Wells, 22 Rohan Kitshoff, 23 Johannes Conradie, 24 Kurt Coleman, 25 Michael van der Spuy, 26 Berton Klaasen
Skeidsregter: Craig Joubert
Afskoptyd is om 17:00.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24