Super Rugby

Coenie nog nie in vyfde rat

2011-05-05 09:52
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Reds klop Brumbies met enkele punt
Reds klop Brumbies met enkele punt

Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Bloemfontein - Hy speel dalk ’n hond uit ’n bos met sy brute krag en gansdans-passies in die Super Rugby-reeks, maar die Cheetahs se stut-sensasie Coenie Oosthuizen is nog glad nie tevrede met sy spelpeil nie.

Die belowende Oosthuizen is terdeë bewus van sy tekortkominge, is oorgehaal om weekliks te verbeter en daarom kan die Lions môre in Johannesburg behoorlik deurloop.

Dié jong Springbok-stut het verlede naweek hier met sy goeie vertoning teen die Brum­bies gewys dat hy vroeër as die meeste stutte volwassenheid op senior vlak bereik het.

Hoewel dié 22-jarige speler as ’n toekomstige Bok-staatmaker beskou word, sal Peter de Villiers, die Bok-breier, waarskynlik ’n fout begaan as hy Oosthuizen nie later vanjaar saamneem na die Wêreldbeker-toernooi nie.

Buiten Oosthuizen se individuele spelpeil, sal die Lions boonop met die Cheetahs se sterkste voorry vanjaar te doen kry.
Benewens Oosthuizen, maak die Bok-haker Adriaan Strauss ’n verskil in die besoekers se voorry en speel die stut WP Nel ook goeie rugby.

Oosthuizen sê hy strewe na ’n foutlose vertoning en daarom kan hy nog beter vertoon.

“Ek is nie 100 persent tevrede met my spelpeil nie,” het hy gesê.

“Daar is beslis nog ’n paar dinge waaraan ek kan werk.”

“Maar ek fokus nie te veel op my eie spel nie en gee meer om oor wat die span vermag.

“Ons het gelukkig ’n goeie uitslag teen die Brumbies gekry en wil met die selfvertroue wat ons uit dié kragmeting gekry het, die Lions aanpak,” sê Oosthuizen.

Hoewel hy bekend is vir sy stormlopies en inklimspel, is goeie skrumwerk volgens dié Bok-stut sy eerste prioriteit. “Ek wil altyd my skrumwerk 100 persent reg hê. Ek het aan die begin van die reeks te veel strafskoppe in dié afdeling afgestaan.

“Ek wou bitter graag teen die Brumbies geen strafskoppe afstaan nie, maar het ongelukkig een afgestaan,” sê hy.

Dié kragman meen die strenger toepassing van die reëls by die skrums lei daartoe dat loskoppe meer gestraf word. “Daarom is dit deesdae die loskop se werk om toe te sien daar is nie strafskoppe vir skrumwerk nie.”

Dié oud-leerling van Grey-kollege meen die Cheetahs se skrums het aansienlik verbeter, maar dat hulle geensins kan ontspan nie.

“Ons het swak begin en onsself opgewerk, maar daar is nie een naweek dat jy kan ontspan nie. Die Lions skrum goed. Ek het agting vir hulle en ons sal op ons stukke moet wees.”

Hy sê Strauss, wat lank vanweë ’n handbesering buite aksie was, se terugkeer is verblydend. Strauss was teen die Brumbies die eerste keer weer in die beginspan.

“Ek en Adriaan het ’n goeie verstandhouding,” sê Oosthuizen.“Wat skrumwerk betref, is hy een van die beste hakers.”

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

- Sport24

Lees meer oor: lions  |  super rugby  |  cheetahs

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

Corrie sê... TEAM PLAYED WON LOST DREW POINTS FOR POINTS AGAINST TRIES FOR TRIES AGAINST LOSS BONUS TRIES BONUS POINTS Combined Log Chiefs 12 10 2 0 330 247 35 18 1 4 53 Stormers 11 10 1 0 245 171 19 12 1 0 49 Brumbies 11 7 4 0 302 237 33 21 4 4 44 Bulls 12 8 4 0 371 274 38 27 4 4 48 Al daai papsak suiers...die bulle se 'swak' rugby ten spyt...kyk biki daar waar staan 19 12 by die stormers en 38 27 by die bulle....dis driee vir en driee teen....! net een span het meer driee gedruk sover as die bulle...so wag maar en sien...stormers kan nie altyd net op verdediging staatmaak nie...nou kom die fase waar die bulle gaan 'peak' en dan is dit maar weer snot en vistrane ini kaap....hierdie te vroeg 'peak' van die stormertjies is soos julle girls daar kla oor julle manne se "premature climaxing" op ander gebiede ook....en soos julle girls onbevredig gelos word...so word julle ondersteuners gelos met lee trofee kaste...shame siestog foeitog....g'n wonder ons beleef sulke lekker tye met julle vrouens as ons daar gaan kuier nie.... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 5 1.6 Trendline 5-dr
2007
R 161,995.00

AUDI

A4 2.0 MY05
2003
R 96,900.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.