Chiliboy lei Bulls in stryd teen Cheetahs
2012-02-08 14:22
In-diepte Verslae
Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.
Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.
Pretoria – Die Springbok-haker Chiliboy Ralepelle sal die Bulls Saterdag aanvoer in hul opwarmwedstryd teen die Cheetahs in Polokwane.
Die Wêreldbeker-spelers Morne Steyn, Francois Hougaard en Ralepelle sal Saterdag vir die eerste keer in aksie wees sedert Suid-Afrika se WB-kwarteindwedstryd verlede jaar teen Australië.
Die 21-jarige voormalige WP-speler Johann Sadie sal sy debuut vir die Bulls maak, wanneer hy op buitesenter teen die Cheetahs uitdraf.
Francois Venter en CJ Stander is die enigste spelers in die beginspan met geen Super-rugbywedstryd agter hul naam nie.
Pierre Spies (kuit) en Wynand Olivier (gewrig) sal die wedstryd weens besering misloop. Jacques Potgieter is ook steeds op die kantlyn weens 'n rugbesering.
So lyk die span:
Zane Kirchner , Akona Ndungane , Johann Sadie, Francois Venter, Bjorn Basson , Morne Steyn , Francois Hougaard , CJ Stander, Dewald Potgieter , Deon Stegmann , Juandre Kruger, Flip van der Merwe , Werner Kruger , Chiliboy Ralepelle (kaptein), Dean Greyling
Plaasvervangers: Willie Wepener, Frik Kirsten, Wilhelm Steenkamp, Arno Botha, Jano Vermaak, Louis Fouche, JJ Engelbrecht.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24