Chiefs laat Rebels les opsê
2011-03-05 10:14
In-diepte Verslae
Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.
Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.
Hamilton - Die Rebels het gesukkel om staande te bly teen herhaaldelike aanvalle deur die Chiefs in 'n boeiende Super Rugby-kragmeting tussen dié twee spanne Saterdag.
Die Chiefs het die wedstryd met 38-10 gewen, ná hulle teen halftyd met 16-3 voorgeloop het.
Die Chiefs-losskakel Stephen Donald het 18 punte met sy skopskoen aangeteken, met Lelia Masaga wat twee drieë gedruk het. Sitiveni Sivivatu en Sona Taumalolo het ook agter die doellyn gaan kuier vir die Chiefs.
Gareth Delve het 'n drie gedruk vir die Rebels, met Danny Cipriani wat dit verdoel het en ook 'n strafskop tussen die pale deurgestuur het.
Spanne:
Chiefs:
15. Mils Muliaina (kaptein), 14. Lelia Masaga, 13. Dwayne Sweeney, 12. Tana Umaga, 11. Sitiveni Sivivatu, 10. Stephen Donald, 9. Brendon Leonard; 8. Liam Messam, 7. Tanerau Latimer, 6. Scott Waldrom, 5. Isaac Ross, 4. Craig Clarke, 3. Nathan White, 2. Aled de Malmanche, 1. Ben May
Plaasvervangers: 16. Sona Taumalolo, 17. Hila Elliot, 18. Romana Graham, 19. Steven Setephano, 20. Taniela Moa, 21. Mike Delany, 22. Tim Nanai-Williams
Rebels:
15. Mark Gerrard, 14. Lachlan Mitchell, 13. Stirling Mortlock (kaptein), 12. Julian Huxley, 11. Cooper Vuna, 10. Danny Cipriani, 9. Nick Phipps, 8. Gareth Delve, 7. Michael Lipman, 6. Jarrod Saffy, 5. Kevin O'Neill, 4. Adam Byrnes, 3. Greg Somerville, 2. Ged Robinson, 1. Nic Henderson
Plaasvervangers: 16. Heath Tessmann, 17. Laurie Weeks, 18. Alister Campbell, 19. Tom Chamberlain, 20. Richard Kingi, 21. Afusipa Taumoepeau, 22. Peter Betham
- Nuus24, Sport24