Cheetahs wys hul slag teen Blues
2010-05-01 16:58
In-diepte Verslae
Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.
Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.
Anja Carstens
Kaapstad - Die oranje vlae het Saterdag hoog gewapper op Vodacompark in Bloemfontein waar die Cheetahs die Blues met 36-32 in hul Super14-kragmeting gewen het.
Dit is die Cheetahs se derde oorwinning van die Super14-seisoen.
Altesaam nege drieë is in dié stryd gedruk met kaptein Juan Smith wat die eerste drie in die derde minuut aangeteken het.
Die Blues het geweet hulle benodig 'n wen én 'n bonuspunt vir 'n skrale kans om deur te glip na die halfeindronde, maar die Cheetahs het planne van hul eie gehad.
Die rustydtelling was 22-13 in die guns van die Cheetahs alhoewel die Blues ietwat meer balbesit as die tuisspan gehad het.
Skrumskakel Sarel Pretorius het 'n uistekende wedstryd gehad en goed gedoen om vuur in die Cheetahs se agterlyn te sit.
Ook die plaasvervangers, Phillip van der Walt en Waltie Vermeulen het elk 'n drie gedruk om by te dra tot hul span se oorwinning.
Puntemakers:
Cheetahs: Drieë: Bjorn Basson, Jongi Nokwe, Juan Smith, Phillip Van der Walt, Waltie Vermeulen Doelskoppe: Naas Olivier (2) Meyer Bosman (2) Strafskoppe: Naas Olivier
Blues: Drieë: Isaia Toeava, Rene Ranger, Alby Mathewson, Anthony Tuitavake Doelskoppe: Stephen Brett (3) Strafskoppe: Stephen Brett (2)
Die Blues speel volgende Saterdag teen die Lions en die Cheetahs kom teen die Western Force te staan.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
- Nuus24