Cheetahs word gedril
2011-12-10 08:30
In-diepte Verslae
Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.
Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.
Bloemfontein – Cheetahs het Vrydag hul gewone oefenklere vir bruin weermag-oorpakke verruil en so ook die Vrystaat-stadion vir die Tempe-weermagbasis as deel van hulle voorbereiding vir volgende jaar se seisoen.
Hulle het reeds omstreeks 06:45 by die Pantserskool bymekaargekom.
Volgens Niel du Plessis, die Vrystaat se fiksheidsafrigter, het hulle gefokus op spangees en die spelers se fiksheid.
“Die oefeninge is steeds op rugby gefokus, maar ons doen dit met die weermag se gereedskap. Ons werk al die laaste drie jaar saam met die pantser-skool en is ook vriende van hulle.”
Volgens Du Plessis gaan die oefening en veral die spanbou die span help met die nuwe seisoen wat voorlê.
Hy het gesê die spelers se dissipline is goed en sal reg wees vir die reeks.
“Ons gaan ’n nuwe era van die superreeks in en dit gaan ’n interessante reeks wees met nuwe dinge en nuwe spelers, maar ons sien uit daarna.”
Die uitwerking van die strawwe oefening, wat die dra van swaar toerusting en groot buitebande insluit, was duidelik op die spelers se moeë gesigte te sien.
Du Plessis sê hoewel Kersfees voorlê, sal die spelers nie laat slaplê nie en het elke speler ’n oefenprogram wat hy getrou sal volg.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24