Super Rugby

Cheetahs wil Lions voorlangs pak

2010-05-14 08:47
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Reds klop Brumbies met enkele punt
Reds klop Brumbies met enkele punt

Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Jóhann Thormählen 

Bloemfontein - Die Cheetahs-voorry wil Saterdag in Welkom hul Super14-reeks op ’n hoë skrumnoot afsluit.

Dié rugbyspan se skrumwerkers het aanvanklik in 2010 gesukkel om op dreef te kom, maar kan in hul laaste kragmeting met die onervare Lions daarvoor vergoed.

Volgens WP Nel (vaskopstut) van die Cheetahs is hy en sy spanmaats oorgehaal om ’n vyfde sege te behaal én sal ’n bobaas-skrumvertoning dit soveel soeter laat smaak.

“Dis beslis in ons planne om die Super14 op ’n hoë noot af te sluit en ons wil graag die Curriebeker-reeks met baie selfvertroue binnegaan.

“Daarom is dit ook vir ons ’n belangrike kragmeting vir skrumwerk in aanloop tot die Curriebeker-reeks,” sê hy.

Skrums was voor die aanvang van die reeks ’n afdeling waarin die Cheetahs teenstanders wou opdreun en daar is veral ná die Vrystaat se sukses in 2009 se Curriebeker-reeks hoë verwagtinge gekoester.

Die Vrystaat se voorry – Wian du Preez, Coenie Oosthuizen, (albei loskopstutte), Adriaan Strauss (haker, nou beseer) en Nel – was boonop dieselfde manne wat vir die Cheetahs in die Super14-reeks in die skrum sou sak.

Dié aanslag het egter in hul eerste wedstryd hier teen die Bulls ’n terugslag beleef toe die besoekers die Cheetahs in trurat gehad het. Die span se skrum-laagtepunt was op sy oorsese toer teen die Crusaders toe selfs sy breier, Naka Drotské, erken het dat sy manne ’n skrumles gekry het.

Maar sedert die Cheetahs se gelykopuitslag teen die Chiefs het dit ook in die skrums baie beter gegaan.

Nel meen daar is geen verskonings vir hul aanvanklike sukkel-skrumsvertonings nie.

“Ons kan net daaruit leer. Ons vat dit op die ken en wil graag daarop voortbou.”

Dié bulletjie sê iets wat waarskynlik ’n rol daarin gespeel het, was dat beserings hulle weekliks ontwrig het.

“Ons het daarom selde met dieselfde pak geskrum.”

Volgens Nel sal dit beslis in die Curriebeker-reeks beter gaan en is môre se stryd ’n gulde geleentheid om met dié aanslag te begin. En wie beter as ’n segelose Lions-span om dit teen te doen.

Die Cheetahs mag self nie vanjaar met hul skrumvertoning tevrede wees nie, maar dié afdeling moet sekerlik as een van die besoekers se baie leemtes beskou word.

Name soos Ross Geldenhuys (vaskopstut), Charles Emslie (haker) en JC Janse van Rensburg (loskopstut) van die Lions het in 2010 min teenstanders slapelose nagte gegee.

Nel sê die Lions het ook vanjaar weens hul rotasie-beleid gesukkel om hul ritme in die skrums te vind.

“Ons sal hulle beslis voor aanvat en goeie besit vir ons agterspelers gee om mee te hardloop.”

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24

 

Lees meer oor: super14  |  lions  |  cheetahs

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

Corrie sê... TEAM PLAYED WON LOST DREW POINTS FOR POINTS AGAINST TRIES FOR TRIES AGAINST LOSS BONUS TRIES BONUS POINTS Combined Log Chiefs 12 10 2 0 330 247 35 18 1 4 53 Stormers 11 10 1 0 245 171 19 12 1 0 49 Brumbies 11 7 4 0 302 237 33 21 4 4 44 Bulls 12 8 4 0 371 274 38 27 4 4 48 Al daai papsak suiers...die bulle se 'swak' rugby ten spyt...kyk biki daar waar staan 19 12 by die stormers en 38 27 by die bulle....dis driee vir en driee teen....! net een span het meer driee gedruk sover as die bulle...so wag maar en sien...stormers kan nie altyd net op verdediging staatmaak nie...nou kom die fase waar die bulle gaan 'peak' en dan is dit maar weer snot en vistrane ini kaap....hierdie te vroeg 'peak' van die stormertjies is soos julle girls daar kla oor julle manne se "premature climaxing" op ander gebiede ook....en soos julle girls onbevredig gelos word...so word julle ondersteuners gelos met lee trofee kaste...shame siestog foeitog....g'n wonder ons beleef sulke lekker tye met julle vrouens as ons daar gaan kuier nie.... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 5 1.6 Trendline 5-dr
2007
R 161,995.00

AUDI

A4 2.0 MY05
2003
R 96,900.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.