Cheetahs verwoes Lions
2010-05-15 16:48
In-diepte Verslae
Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.
Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.
Anja Carstens
Kaapstad - Die Lions het hul laaste Super14-kragmeting van die seisoen teen die Cheetahs verloor en sodoende die eerste span in Superrugby-geskiedenis geword wat 14 agtereenvolgende nederlae gely het.
Die eindtelling was 59-10 in die guns van die Cheetahs.
Die tuisspan het nege drieë teen die besoekers se een gedruk in 'n kragmeting waar die Cheetahs se agterlyn behoorlik vlam gevat het.
Plaasvervanger Michael Killian het die Lions se enigste drie van die wedstryd aangeteken.
Teen rustyd het die Cheetahs 31-3 voorgeloop.
Breier Naka Drotské behoort in sy skik te wees met dié oorwinning en dit sal Bok-breier Peter de Villiers goed doen om te loer na skrumskakel Sarel Pretorius vir 'n plek op die Springbok-plaasvervangerbank.
Puntemakers:
Cheetahs: Drieë: Bjorn Basson (2), Hennie Daniller (2), Barend Pieterse, Sarel Pretorius (2), Corne Uys, Coenie Oosthuizen Doelskoppe: Naas Olivier (6), Louis Strydom
Lions:
Drieë: Michael Killian Doelskoppe: Herkie Kruger Stafskoppe: Herkie Kruger
Bly op
hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te
volg.
- Nuus24