Cheetahs verander 14 vir Stormers
2013-01-30 09:02
In-diepte Verslae
Die Springbok-losskakel Morné Steyn het al die Bulls se punte aangeteken om sy span teen die Sharks op Kingspark te laat seëvier.
Die Cheetahs se afrigter, Naka Drotské, het die versoeking weerstaan om Heinrich Brüssow in die 15-tal te kies vir die stryd teen die Higlanders.
Bloemfontein – Die afrigter van die Cheetahs, Naka Drotské, het 14 veranderings gemaak aan die span wat Saterdag in 'n opwarmwedstryd teen die Stormers in Bloemfontein uitdraf.
Die heelagter Hennie Daniller is die enigste speler in die 15-tal wat deel was van die beginspan wat laas naweek met 33-17 teen die Lions in Johannesburg verloor het.
Die kaptein Adriaan Strauss is terug op haker nadat hy 'n ruskans teen die Lions gegee is, terwyl Riaan Smit en Sarel Pretorius die Vrystaters se skakelpaar is.
Die Cheetahs se Super-rugbyveldtog skop af op 23 Februarie teen die Sharks in Bloemfontein.
So lyk die span:
15 Hennie Daniller, 14 Jannie Boshoff, 13 Johann Sadie, 12 Rayno Benjamin, 11 Rocco Jansen, 10 Riaan Smit, 9 Sarel Pretorius, 8 Phillip van der Walt, 7 Davon Raubenheimer, 6 Johannes Prinsloo, 5 Doppies Vermeulen, 4 Rynhardt Landman, 3 Lourens Adriaanse, 2 Adriaan Strauss (kaptein), 1 Trevor Nyakane.
Plaasververvangers: Moet nog bevestig word.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24