Super Rugby

Cheetahs rus met selfvertroue

2010-03-10 08:51
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Plumtree kies Michalak op skrumskakel
Plumtree kies Michalak op skrumskakel

Die afrigter van die Sharks, John Plumtree, het sy span aangekondig vir die vriendskaplike wedstryd teen Boland op Kingspark in Durban.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Bulls en Cheetahs oefen
Bulls en Cheetahs oefen

Die Cheetahs en Bulls oefen vir die groot Super Rugby-derby op Loftus Versfeld.

Jóhann Thormählen

Bloemfontein - Ná hul beste vertoning in die Super14-reeks teen die Hurricanes sou die Cheetahs waarskynlik dadelik op hul goeie spelpeil wou voortbou, maar die span se breiers meen nie sy loslootjie sal hom pootjie nie.

Dié rugbyspan en die Blues sal nie die naweek in aksie wees nie en die Cheetahs speel eers weer aanstaande Saterdag teen die Stormers in Kaapstad.

Die spelers is ná die sege van 28-12 oor die Hurri­canes ’n welverdiende blaaskans gegun en sal eers weer môre saamtrek om vir die Stormers-kragmeting te begin slyp.

Die Cheetahs het met hul oorwinning oor die Canes gewys hulle wil meer doen as net meeding en daarom meen Naka Drotské, Cheetahs-breier, dat hoewel die loslootjie nie ideaal is nie, sy span met selfvertroue kan rus.

“Ons sou graag die wenmomentum wou behou, maar daar is niks wat ons aan die loslootjie kan doen nie – dis lankal voor die reeks so bepaal.

“Dalk is dit ’n goeie ding dat ons met selfvertroue kan rus,” sê hy.

Daarmee bedoel die breier beslis nie dat sy span oorgerus sal raak nie.

Volgens hom is dit uiters belangrik dat die Cheetahs veral op hul laaste twee wedstryde in Suid-Afrika, teen die Stormers en hier teen die Reds, moet fokus voor hulle op die vliegtuig na Australasië klim.

“Ons moet aangeskakel bly vir die twee wedstryde in Suid-Afrika voor ons op toer gaan. Dis belangrik om positief te bly voor die toer.”

Juis met die Cheetahs se wissevalligheid in gedagte, sou ondersteuners dalk eerder wou hê hul span moet die wenmomentum behou as om vir ’n wyle laag te lê.

Almal weet dié streekspan kan op sy beste enige teenstander laat les opsê, maar dis die Cheetahs se onvermoë om agtereenvolgende seges te behaal wat steeds by die span spook.

Die Cheetahs kon laas in 2006 in die Super-reeks twee wedstryde ná mekaar wen en het vanjaar tussen hul seges oor die Sharks en Hurricanes teen die Highlanders vasgeval.

Hawies Fourie, hulpafrigter van die Cheetahs, beaam Drotské se stelling oor die belangrikheid van die Cheetahs se laaste kragmetings in Suid-Afrika.

Hy sê die span sal in 2010 ’n beter toer beleef en moet daarom die grondslag daarvoor in dié wedstryde lê.

“Ons wil nie net gaan kyk hoe dit daar anderkant (Australië en Nieu-Seeland) lyk nie, maar eerder punte terugbring huis toe.”

- Volksblad

Lees meer oor: super14  |  cheetahs

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

Barend sê... Goeie skuif John, Kokkie kyk net rugby en daarom kritiseer hy. Ons kenners sien jou planne vir die seisoen Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-25°C Sunny. Mild. Pta: 18-29°C Isolated tstorms. Mostly cloudy. Warm.
Jhb: 16-27°C Passing showers. Afternoon clouds. Mild. Bfn: 21-30°C Strong thunderstorms. More sun than clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 22-29°C Light rain. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-25°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Spark 1.0 LS 5-dr
2006
R 59,995.00

ISUZU

KB300 TDi D-Cab LX Dsl MY04 PU
2007
R 148,994.00

FORD

Territory 4.0 AWD Ghia AT MY06
2007
R 159,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.