Cheetahs klop Brumbies
2011-04-29 21:18
In-diepte Verslae
Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.
Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.
Bloemfontein - Die Cheetahs het die Brumbies Vrydagaand met 47 -36 in Bloemfontein geklop.
Die rustydtelling was 32 - 26 in die guns van die Cheetahs.
Saterdag pak die Hurricanes en Reds mekaar in Wellington, Nieu-Seeland en die Waratahs kom in Sydney in Australië teen die Rebels te staan.
Die Western Force durf die Crusaders aan in Perth in Australië. In Suid-Afrika sal alle oë moremiddag op Loftus Versfeld in Pretoria gerig wees om te sien hoe die Bulls vaar teen die Chiefs.
In die laaste wedstryd van die dag kom die Stormers en die Sharks in Kaapstad teen mekaar te staan.
Puntemakers:
Toyota Cheetahs:
Drieë - Sarel Pretorius (2), Coenie Oosthuizen, WP Nel. Doelskoppe - Sias Ebersohn (3). Strafskoppe - Ebersohn (5). Skepskoppe - Riaan Viljoen (2).
Brumbies:
Drieë - Francis Fainifo, Dan Palmer, Michael Hooper, Adam Ashley-Cooper, Robbie Coleman. Doelskoppe - Matt Giteau (4). Strafskoppe - Giteau.