Super Rugby

Cheetahs kies super-bank vir stryd teen Lions

2011-03-09 09:24
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Reds klop Brumbies met enkele punt
Reds klop Brumbies met enkele punt

Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Bloemfontein - Die Cheetahs se sterkste impakbank vanjaar kan Saterdag hier in die Super Rugbyreeks die uitklophou teen die Lions plant.

Die sentrale streekspan draf in die Vrystaat-stadion in sy vierde wedstryd met waarskynlik sy sterkste groep plaasvervangers uit.

Spelers soos die stut Lourens Adriaanse, losvoorspeler Kabamba Floors en veelsydige agterspeler Philip Burger behoort in die laaste paar minute ekstra vonk te verskaf.

Sport24 het reeds Dinsdag berig die losskakel Sias Ebersohn sal ten koste van Naas Olivier, wat die Cheetahs-kaptein teen die Stormers was, ingespan word.

Olivier is ’n plaasvervanger en daarom sal die senter Andries Strauss die Cheetahs aanvoer.

Naka Drotské, die Cheetahs-breier, het vyf veranderinge aan sy beginspan, wat met 15-21 teen die Stormers vasgeval het, gemaak.

Die ander nuwelinge is die heelagter Riaan Viljoen, die slot Martin Muller, asook die flanke Philip van der Walt en Frans Viljoen.

Volgens Drotské moet Frans Viljoen (dyspier), Adriaanse (bors) en Burger (kuit) nog fiksheidstoetse slaag. Die Cheetahs moes hier in hul nederlaag van 23-25 teen die Bulls leer ’n kragmeting word met 22, en nie 15 spelers nie, gewen.

Bulls-plaasvervangers soos die Bok-slot Flip van der Merwe en -losvoorspeler Danie Rossouw het hul span gehelp om die Cheetahs van ’n sege te beroof.

Verder kon impakspelers teen die Stormers ook dalk ’n verskil gemaak het.

Veral Floors, wat ’n staatmaker in die beginspan was, en Burger kan in die tweede helfte teen die Lions amok maak.

Burger het van ’n kuitbesering herstel, maar Philip Snyman het meer as sy man teen Bok-vleuels soos Bjorn Basson van die Bulls en Bryan Habana van die Stormers gestaan.

“Ons voel Philip Snyman het sy kans aangegryp en Philip Burger moet homself eers bewys,” sê Drotské.

Verder verskaf Adriaanse van Griekwas en Olivier ook meer slaankrag as plaasvervangers.

Adriaanse het verlede jaar vir die Maties uitgedraf en hy sal die streekspan se stut-diepte aanvul. Hy vervang Kobus Calldo.

Adriaanse het al verlede week saam met die Cheetahs se vergrote groep geoefen, maar sy bors in ’n skrumsessie seergemaak.

Drotské verduidelik Riaan Viljoen en Ebersohn se insluiting só: “Hoewel Naas teen die Stormers goed na die pale geskop het, is sy taktiese spel nie heeltemal op dreef nie.

“Ons wil die druk van hom afhaal en Sias verdien ’n kans.

“Hennie sal saamstem dat hy nie dieselfde peil as verlede jaar handhaaf nie.

“Ons het ook vroeër gesê ons gaan spelers in sekere posisies soos heelagter roteer.

“Daar is min tussen Hennie (Daniller) en Riaan te kies. Boonop gee Riaan jou die keuse van verder skoppe na die pale.”

Die Cheetahs-span is: Riaan Viljoen, Philip Snyman, Robert Ebersohn, Andries Strauss (k), Rayno Benjamin, Sias Ebersohn, Sarel Pretorius, Ashley Johnson, Philip van der Walt, Frans Viljoen, Wilhelm Steenkamp, Martin Muller, WP Nel, Ryno Barnes, Coenie Oosthuizen.

PLAASVERVANGERS: Skipper Badenhorst, Lourens Adriaanse, Francois Uys, Kabamba Floors, Tewis de Bruyn, Naas Olivier, Philip Burger.

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24

Lees meer oor: super rugby  |  lions  |  beserings  |  cheetahs

Lewer kommentaar op hierdie artikel
9 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

Corrie sê... TEAM PLAYED WON LOST DREW POINTS FOR POINTS AGAINST TRIES FOR TRIES AGAINST LOSS BONUS TRIES BONUS POINTS Combined Log Chiefs 12 10 2 0 330 247 35 18 1 4 53 Stormers 11 10 1 0 245 171 19 12 1 0 49 Brumbies 11 7 4 0 302 237 33 21 4 4 44 Bulls 12 8 4 0 371 274 38 27 4 4 48 Al daai papsak suiers...die bulle se 'swak' rugby ten spyt...kyk biki daar waar staan 19 12 by die stormers en 38 27 by die bulle....dis driee vir en driee teen....! net een span het meer driee gedruk sover as die bulle...so wag maar en sien...stormers kan nie altyd net op verdediging staatmaak nie...nou kom die fase waar die bulle gaan 'peak' en dan is dit maar weer snot en vistrane ini kaap....hierdie te vroeg 'peak' van die stormertjies is soos julle girls daar kla oor julle manne se "premature climaxing" op ander gebiede ook....en soos julle girls onbevredig gelos word...so word julle ondersteuners gelos met lee trofee kaste...shame siestog foeitog....g'n wonder ons beleef sulke lekker tye met julle vrouens as ons daar gaan kuier nie.... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 5 1.6 Trendline 5-dr
2007
R 161,995.00

AUDI

A4 2.0 MY05
2003
R 96,900.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.