Super Rugby

Cheetahs jag vyfde sege

2010-05-13 10:14
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Reds klop Brumbies met enkele punt
Reds klop Brumbies met enkele punt

Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Jóhann Thormählen

Bloemfontein - Die Cheetahs-span weier om die Lions se enigste slagoffer in 2010 se Super14-rugbyreeks te wees.

Só sê Naka Drotské, breier van die Cheetahs, oor sy span se laaste kragmeting Saterdag in Welkom.

Hoewel dié wedstryd gelukkig nie meer vir die Cheetahs ’n houtlepel-stryd is nie, is daar steeds genoeg op die spel om hulle aan te spoor.

Vir die tuisspan wink een van sy beste reekse nog en sal hy sy onlangse goeie peil moet volhou as hy nie weer die etiket van Lions-prooi wil dra nie.

As die streekspan teen die Lions sy vyfde sege van 2010 behaal, sal dit sy beste reeks, in 2006, ewenaar.

Volgens Drotské is sy spelers oorgehaal om dit een van hul beste reekse nog te maak.

“Dis ’n moeilike situasie vir ’n afrigtingspan as jy ’n laaste wedstryd het waarin daar niks op die spel is nie. Die spelers weet dat ons die momentum wat ons in die laaste paar wedstryde opgebou het enduit moet behou.”

Die breier sê sy span wil beslis nie die Lions hul enigste sege van die reeks besorg nie.

“As ons Saterdag kan seëvier, sal ons die reeks goed afsluit. Ek het vir die spelers gesê as ons verloor, sal ons die enigste span wees wat teen die Lions vasgeval het. Dus is daar baie op die spel.

Die laaste drie wedstryde het baie vir ons selfvertroue en ook (ons vertoning in) die reeks beteken.”

Drotské meen daar is vir hul teenstanders genoeg om hulle aan te spoor.

“Dis ’n professionele spel en ’n ou speel vir jou loopbaan. Baie van die Lions speel vir kontrakte en boonop het hulle niks om te verloor nie. Hulle speel ook om nie die eerste span te word wat glad nie ’n wedstryd in ’n Super14-reeks wen nie.”

Ondanks die feit dat ’n sege vir Cheetahs-ondersteuners ononderhandelbaar is, sal die span ’n fout begaan as hy daaraan dink om net “op te daag”. Die Lions het die resep om die Cheetahs te klop.

Van hul drie ontmoetings in die reeks kon die Cheetahs slegs die eerste in 2007 wen toe hulle met 16-10 in Johannesburg aan die wenkant was.

Die Lions was in 2008 hier met 23-22 en in 2009 in Johannesburg met 34-28 baas. Volgens Drotské sal dié Suid-Afrikaanse derby-stryd kliphard wees.

“Dit gaan nie oor waar ’n span op die puntelys lê nie.

“Die Sharks het dit teen die Bulls en die Stormers gewys,” sê Drotské. 

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24

Lees meer oor: lions  |  super14  |  cheetahs

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

Corrie sê... TEAM PLAYED WON LOST DREW POINTS FOR POINTS AGAINST TRIES FOR TRIES AGAINST LOSS BONUS TRIES BONUS POINTS Combined Log Chiefs 12 10 2 0 330 247 35 18 1 4 53 Stormers 11 10 1 0 245 171 19 12 1 0 49 Brumbies 11 7 4 0 302 237 33 21 4 4 44 Bulls 12 8 4 0 371 274 38 27 4 4 48 Al daai papsak suiers...die bulle se 'swak' rugby ten spyt...kyk biki daar waar staan 19 12 by die stormers en 38 27 by die bulle....dis driee vir en driee teen....! net een span het meer driee gedruk sover as die bulle...so wag maar en sien...stormers kan nie altyd net op verdediging staatmaak nie...nou kom die fase waar die bulle gaan 'peak' en dan is dit maar weer snot en vistrane ini kaap....hierdie te vroeg 'peak' van die stormertjies is soos julle girls daar kla oor julle manne se "premature climaxing" op ander gebiede ook....en soos julle girls onbevredig gelos word...so word julle ondersteuners gelos met lee trofee kaste...shame siestog foeitog....g'n wonder ons beleef sulke lekker tye met julle vrouens as ons daar gaan kuier nie.... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 5 1.6 Trendline 5-dr
2007
R 161,995.00

AUDI

A4 2.0 MY05
2003
R 96,900.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.