Super Rugby

Cheetahs hét skop

2010-03-09 07:48
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Bulls kry goeie nuus voor Chiefs-stryd
Bulls kry goeie nuus voor Chiefs-stryd

Die beseerde losvoorspelers CJ Stander en Dewald Potgieter kan straks gekies word vir die Bulls se Super-stryd teen die Chiefs in Hamilton.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Jóhann Thormählen

Bloemfontein - Die Cheetahs het nie net Saterdag in hul sege van 28-12 die Hurri­canes met akkurate korrelwerk bloedneus geskop nie, maar spog boonop met die naasbeste slaagsyfer na die pale in die Super14-reeks.

Dié rugbyspan het in die eerste vier rondes met 84% van sy skoppe geslaag en slegs die Bulls of eintlik die Springbok-losskakel Morné Steyn spog met ’n beter gemiddeld.

Soos vangskote in krieket, is stelskoppe dikwels in rugby die verskil tussen ’n nederlaag en ’n sege – veral met die strenger toepassing van die reëls.

Naas Olivier (losskakel) en sy mede-skerpskutters het volgens www.ruggastats.co.za sover met 26 van hul 31 skopkanse – 21 uit 24 strafskoppe en 5 uit 7 doelskoppe – geslaag, terwyl die Bulls met 93% van hul skoppe in drie kragmetings die kol getref het.

Die Cheetahs se skopvertoning teen die Hurricanes het hul harde werk in dié afdeling onderstreep.

Olivier en Meyer Bosman (binnesenter) het die besoekers ’n skoples soos min gegee deur met al hul skoppe, sewe strafskoppe en ’n doelskop, te slaag.

Swak korrelwerk was dikwels in die verlede die Cheetahs se ondergang in die Super-reeks en dit wil lyk asof hulle nou ’n groter kans staan om naelbyt-stryde te wen.

Naka Drotské, breier van die Cheetahs, meen dis verblydend om te weet dat sy span so ’n hoë slaagsyfer handhaaf.

“Skopwerk was die afgelope twee jaar baie keer die oorsaak waarom ons wedstryde verloor het.

Dis lekker om te weet dat jy byna ’n kans van 85% het dat jy met ’n skop pale toe sal slaag as jy ’n strafskop kry,” sê hy.

Die Cheetahs se skopvertoning in 2010 is selfs beter as ’n span soos die Crusaders van Nieu-Seeland s’n.

Hulle spog met ’n suksessyfer van 79%, in die vierde plek met die All Black-losskakel Dan Carter aan die spits.

Naas Steyn, wat met 26 uit 28 probeerslae en dus met 93% van sy skoppe suksesvol was, is Olivier die mees akkurate stelskopper in die reeks.

Hoewel Bosman en Riaan Viljoen (heelagter) die Cheetahs se langafstand-skoppe behartig, handhaaf Olivier ’n slaagsyfer van 83%.

Hy het met 20 uit 24 stelskoppe, 15 uit 18 strafskoppe en 5 uit 6 doelskoppe, geslaag.

Verder het Olivier ook die vierde meeste punte, 58, in die reeks opgestapel, met Steyn voor in die koor op 77.

Hawies Fourie, agterlyn-afrigter van die Cheetahs, sê dis lekker dat die harde werk op die oefenveld in wedstryde gesien kan word.

“Die skoppers het, buiten gewone oefeninge, vier skopsessies per week. Hulle werk hard en ek is bly die vrugte daarvan word gepluk.”

- Die Burger


Lees meer oor: super14  |  cheetahs

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

didi.basson sê... Ek het gedink die goeie nuus vir die Bulls is dat hulle hoef nie in pienk te speel nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 109,900.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 S
2003
R 59,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.