Super Rugby

Cheetahs glo hul kan Lions se Kiwi keer

2011-03-12 10:34
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Reds klop Brumbies met enkele punt
Reds klop Brumbies met enkele punt

Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Bloemfontein - Die Lions se Kiwi-towenaar moet die Cheetahs vandag hier dronk hardloop, maar as die tuisspan se mees fisieke agterlyn in vier jaar op dreef is, kan dit dié besoeker wees wat die Vrystaat-stadion disnis verlaat.

Die Gautengers het die gevaarlike Nieu-Seelander James Kamana in Jaco Taute se plek op heelagter ingesluit vir vandag se Super Rugby-wedstryd.

Tog draf die Cheetahs volgens Naka Drotské, die Cheetahs se breier, met een van hul beste agterlyne in jare hier uit, veral wat verdediging betref.

Die senter Andries Strauss sal nie net die tuisspan die eerste keer aanvoer nie, maar ook aan die spits moet wees as dit by sy span se duikwerk kom.

Strauss is bekend vir sy harde duikslae en dit was ook sy verdediging wat hom einde verlede jaar, toe hy nog ’n Shark was, ’n Springbok laat word het.

Hoewel die besoekers, nes die Cheetahs, steeds segeloos is, is die Lions nie bang om met spelers soos Kamana die bal te dra nie. Daarom meen Drotské sy span sal soos verlede week teen die Stormers moet duik.

Ondanks ’n onaanskoulike kragmeting waarin Drotské-hulle met 15-21 verloor het, kon die Cheetahs daarin slaag om die Stormers van hul doellyn af weg te hou. “Ons verdediging moet net so goed soos teen die Stormers wees. Die Lions sal enige span se verdediging toets, aangesien hulle daarvan hou om die bal wyd te speel en ’n goeie aanvallende span is,” sê Drotské. Maar dié breier het vanjaar meer vertroue in sy agterhoede as ander jare.

“Veral ons agterlyn se verdediging is goed. Met Andries op binnesenter en Robert (Ebersohn) op buitesenter is dit moeilik om ons in die middelveld te klop – hulle is spesialis-verdedigers en ons vleuels keer ook goed. Ons agterlyn is, wat die verdediging betref, die beste wat ons in sowat vier jaar gehad het. Ons vleuels, Rayno (Benjamin) en Philip (Snyman), is baie fisiek en pas goed in ons verdedigingstelsel in. Hulle weet presies hoe ons wil verdedig.”

John Mitchell, die Lions se breier, meen Kamana bied meer op die aanval as Taute.

Kamana het in die eerste paar wedstryde as impakspeler beïndruk en die Cheetahs sal hom en die regtervleuel, Lionel Ma­poe, moet dophou.

Mapoe gaan allesbehalwe ’n hartlike ontvangs van sy voormalige spanmaats en ondersteuners op sy ou tuisveld kry. Hy het vandeesweek ’n dwarsklap in hul rigting gemik. Hy het gesê hy gee nie om wat mense hier van hom dink nie nadat hy lank in ’n kontrakgeskil tussen die Cheetahs en die Sharks betrokke was.

Die spanne is:
Cheetahs: Riaan Viljoen, Philip Snyman, Robert Ebersohn, Andries Strauss (k), Rayno Benjamin, Sias Ebersohn, Sarel Pretorius, Ashley Johnson, Philip van der Walt, Heinrich Brüssow, Wilhelm Steenkamp, Martin Muller, WP Nel, Ryno Barnes, Coenie Oosthuizen.

Plaasvervangers: Skipper Badenhorst, Kobus Calldo, Francois Uys, Kabamba Floors, Tewis de Bruyn, Naas Olivier, Fabian Juries.

Lions: James Kamana, Lionel Mapoe, Waylon Murray, Doppies La Grange, Michael Killian, Elton Jantjies, Rory Kockott, Warren Whiteley, Josh Strauss, Derick Minnie, Franco van der Merwe (k), Wikus van Heerden, Patrick Cilliers, Bandise Maku, JC Janse van Rensburg.

Plaasvervangers: Martin Bezuidenhout, Kevin Buys, Michael Rhodes, Cobus Grobbelaar, Michael Bondesio, Burton Francis, Jaco Taute.

Skeidsregter:
Keith Brown.

Afskop: 17:05.

- Volg Nuus24Sport op Twitter.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

Corrie sê... TEAM PLAYED WON LOST DREW POINTS FOR POINTS AGAINST TRIES FOR TRIES AGAINST LOSS BONUS TRIES BONUS POINTS Combined Log Chiefs 12 10 2 0 330 247 35 18 1 4 53 Stormers 11 10 1 0 245 171 19 12 1 0 49 Brumbies 11 7 4 0 302 237 33 21 4 4 44 Bulls 12 8 4 0 371 274 38 27 4 4 48 Al daai papsak suiers...die bulle se 'swak' rugby ten spyt...kyk biki daar waar staan 19 12 by die stormers en 38 27 by die bulle....dis driee vir en driee teen....! net een span het meer driee gedruk sover as die bulle...so wag maar en sien...stormers kan nie altyd net op verdediging staatmaak nie...nou kom die fase waar die bulle gaan 'peak' en dan is dit maar weer snot en vistrane ini kaap....hierdie te vroeg 'peak' van die stormertjies is soos julle girls daar kla oor julle manne se "premature climaxing" op ander gebiede ook....en soos julle girls onbevredig gelos word...so word julle ondersteuners gelos met lee trofee kaste...shame siestog foeitog....g'n wonder ons beleef sulke lekker tye met julle vrouens as ons daar gaan kuier nie.... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 5 1.6 Trendline 5-dr
2007
R 161,995.00

AUDI

A4 2.0 MY05
2003
R 96,900.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.