Super Rugby

Cheetahs betaal duur vir Blues-sege

2010-05-03 09:14
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Reds klop Brumbies met enkele punt
Reds klop Brumbies met enkele punt

Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Bloemfontein - Die Cheetahs het eergister hier teen die Blues onder leiding van Juan Smith met hardlooprugby waarskynlik hul beste vertoning tot nog toe in die Super14-reeks gelewer.

Hoewel die tuisspan met vyf drieë en ’n telling van 36-32 oor die besoekers gewys het dat hy steeds kan aanval, het die sege nog slagoffers weens beserings geeïs.

Frans Viljoen (agtsteman) en Jongi Nokwe (vleuel) het duur vir hul begeesterde vertoning betaal.

Viljoen het sy linkerarm en Nokwe sy kakebeen gebreek en sluit hulle by ’n lang krukkelys aan.

Volgens Ian Morris, die Cheetahs se spandokter, is Viljoen, wat teen die Blues sy terugkeer van ’n wangbeenbesering gemaak het, gister geopereer en sal hy sowat drie maande uit wees.

Morris sê Nokwe sal vandag ’n spe­sialis sien, maar behoort die res van die reeks mis te loop en betyds vir die Curriebeker-reeks herstel.

Die Super14 is dalk byna verby, maar dié beserings haal nog pyle uit die Cheetahs se koker.

Dié twee het hoeka teen die Blues ’n bydra tot hul span se verbeterde aanvalspoging gelewer en sal beslis gemis word.

Die Cheetahs het vanjaar gesukkel om drieë te druk, maar dit in hul agterplaas selfs meer as ’n gevaarlike Blues-span reggekry.

Voor die wedstryd kon die Suid-Afrikaanse streekspan slegs 16 drieë, die minste deur enige span in die reeks, druk.

Smith (flank), Viljoen, Bjorn Basson (vleuel) en Sarel Pretorius (skrumskakel) het die Blues laat bontstaan.

Volgens Hawies Fourie, agterlyn-afrigter van die Cheetahs, het sy span aansienlik beter op die aanval gelyk.

“Ons het hard daaraan gewerk om ons strukture vanaf tweede, derde en vierde fases reg te kry. Teen die Blues het ons lekker oor die veld gesprei. Almal het geweet wat hulle moet doen en dis beslis die vrugte van die laaste twee weke se harde werk.”

Die breier meen Basson, wat weens persoonlike redes nie oorsee getoer het nie, het gewys hoekom hy in die span hoort.

“Bjorn het in die eerste helfte teen die Reds én ook teen die Blues gewys wat hy kan doen.

“Ons het eers Woensdag begin oefen,” het Fourie verder gesê.

“Hy het basies Woensdag twee sessies, Donderdagmiddag een en Vrydag die kapteinsoefening saam met die span gehad.

“Dit wys net watter goeie speler hy is en dis jammer dat ons hom nie oorsee gehad het nie, maar darem kan ons hom nou weer gebruik.”

Puntemakers:

Cheetahs: 36 (22) Drieë: Juan Smith, Jongi Nokwe, Bjorn Basson, Philip van der Walt, Waltie Vermeulen. Doelskoppe: Naas Olivier (2), Meyer Bosman (2). Strafdoel: Olivier.

Blues: 32 (13) Drieë: Isaia Toeava, Rene Ranger, Alby Mathewson, Anthony Tuitavake. Doelskoppe: Stephen Brett (3). Strafdoele: Brett (2).
 
- Sport24

Lees meer oor: super14  |  cheetahs

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

Corrie sê... TEAM PLAYED WON LOST DREW POINTS FOR POINTS AGAINST TRIES FOR TRIES AGAINST LOSS BONUS TRIES BONUS POINTS Combined Log Chiefs 12 10 2 0 330 247 35 18 1 4 53 Stormers 11 10 1 0 245 171 19 12 1 0 49 Brumbies 11 7 4 0 302 237 33 21 4 4 44 Bulls 12 8 4 0 371 274 38 27 4 4 48 Al daai papsak suiers...die bulle se 'swak' rugby ten spyt...kyk biki daar waar staan 19 12 by die stormers en 38 27 by die bulle....dis driee vir en driee teen....! net een span het meer driee gedruk sover as die bulle...so wag maar en sien...stormers kan nie altyd net op verdediging staatmaak nie...nou kom die fase waar die bulle gaan 'peak' en dan is dit maar weer snot en vistrane ini kaap....hierdie te vroeg 'peak' van die stormertjies is soos julle girls daar kla oor julle manne se "premature climaxing" op ander gebiede ook....en soos julle girls onbevredig gelos word...so word julle ondersteuners gelos met lee trofee kaste...shame siestog foeitog....g'n wonder ons beleef sulke lekker tye met julle vrouens as ons daar gaan kuier nie.... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2011
R 109,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,950.00

TOYOTA

Condor 3000D Estate TE MPV Dsl MY01
2002
R 89,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.