Butch maak Lions-debuut
2011-05-17 11:01
In-diepte Verslae
Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.
Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.
Kaapstad - Die afrigter van die Lions, John Mitchell, het sy span aangekondig wat Saterdag in die Super Rugby-kragmeting teen die Waratahs in Sydney uitdraf.
Die Bok-losskakel Butch James draf Saterdag in sy eerste wedstryd vir die Lions uit.
Stut Kevin Buys, wat sy knie in die wedstryd teen die Brumbies beseer het, sal na Suid-Afrika terugkeer.
Ross Geldenhuys vervang Buys in die voorry en vertrek Dinsdagaand na Sydney.
Maar is nie by die 22-tal vir die kragmeting teen die Waratahs ingesluit nie.
Afskoptyd Saterdag is 11:40.
So lyk die span:
Jaco Taute, Lionel Mapoe, Alwyn Hollenbach, Doppies la Grange (kaptein), Deon van Rensburg, Butch James, Jano Vermaak, Joshua Strauss, Michael Rhodes, Derick Minnie, Van der Merwe, Wikus van Heerden, Patric Cilliers, Bandise Maku, JC Janse van Rensburg.
Plaasvervangers: Edgar Marutlulle, Jacobie Adriaanse, Warren Whiteley, Cobus Grobbelaar, Rory Kockott, Elton Jantjies, Dylan Des Fontein.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- Sport24