Super Rugby

Butch, Jean glo op Leeus se inkopielys

2010-05-11 09:10
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Reds klop Brumbies met enkele punt
Reds klop Brumbies met enkele punt

Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Pieter Jordaan

Johannesburg - Minstens twee super-Springbokke is glo op die Goue Leeus se inkopielys, wat ’n vroegtydige pynstiller vir die unie se rugby-kopseer kan bring.

Die Leeus het twee van 2007 se Wêreldbeker-wenners, die binnesenter Jean de Villiers en die losskakel Butch James, in hul visier en dit is ’n weerspieëling van hoe vasbeslote die uniebestuur is om sake drasties te verander.

Volgens betroubare bronne oorweeg albei dié spelers dit om hulle by die Leeus aan te sluit.

Dit is waarskynlik nie al spelers wat die Leeus vanjaar wil lok nie.

Hoewel die GLRU nie die onderhandelinge wil bevestig of ontken nie, het Kevin de Klerk, die GLRU-president, gesê dat daar met borge gepraat word wat ’n rol kan speel om sulke spelers te lok.

Die Springbok-kaptein, John Smit, was glo vroeër vanjaar met Muir in gesprek oor ’n moontlike rol by die Leeus waarin hy ’n verantwoordelikheid as voorspeler-afrigter én speler kan dra.

Daar word ook oor Smit se Sharks-spanmaats Bismarck en Jannie du Plessis se moontlike skuif bespiegel.

Hul kontrakte bepaal glo dat albei spelers saam geakkommodeer moet word.

Die naam van die Bok-agtsteman Joe van Niekerk word ook in die wandelgange genoem.

De Klerk sê die Leeus sal hul spelers- en afrigterskorps móét aanvul om voortaan met die Super14-swaargewigte mee te ding.

“Ons kan nog nie name noem nie, maar ons het taamlik ver gevorder met die onderhandelinge. Van hulle (spelers) sal reeds vir die Curriebeker-reeks beskikbaar wees en van hulle aan die einde van die jaar.”

Muir, die Leeus se direkteur van afrigting, het gereeld as Springbok-agterspeler-afrigter met De Villiers gewerk en James en Muir het noue bande by die Sharks gehad.

De Villiers speel met welslae vir Munster in Ierland en James blink uit vir Bath in Engeland. Maar die geelwortel van plekke in volgende jaar se Springbok-span vir die Wêreldbeker-toernooi in Nieu-Seeland, kan ’n rol speel om hulle na Suid-Afrika te laat terugkeer.

James het verlede week sy mond uitgespoel oor die beweerde swak wyse waarop die Sharks met hom onderhandel het om hom na Durban terug te lok.

Tóg het hy vantevore gesê hy sal nie sommer vir enige ander span as die Sharks speel nie.

De Villiers het vanjaar besluit om nie sy kontrak met Munster te verleng nie en keer eersdaags na Suid-Afrika terug. Hy het onlangs gesê dat dit moeilik sou wees om vir enige spanne anders as die WP en die Stormers te speel.

Maar as die Leeus se aanbiedinge aanloklik is, kan De Villiers reeds in die Curriebeker-reeks vir die Rooibontes uitdraf.

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24

Lees meer oor: lions  |  super14

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

Corrie sê... TEAM PLAYED WON LOST DREW POINTS FOR POINTS AGAINST TRIES FOR TRIES AGAINST LOSS BONUS TRIES BONUS POINTS Combined Log Chiefs 12 10 2 0 330 247 35 18 1 4 53 Stormers 11 10 1 0 245 171 19 12 1 0 49 Brumbies 11 7 4 0 302 237 33 21 4 4 44 Bulls 12 8 4 0 371 274 38 27 4 4 48 Al daai papsak suiers...die bulle se 'swak' rugby ten spyt...kyk biki daar waar staan 19 12 by die stormers en 38 27 by die bulle....dis driee vir en driee teen....! net een span het meer driee gedruk sover as die bulle...so wag maar en sien...stormers kan nie altyd net op verdediging staatmaak nie...nou kom die fase waar die bulle gaan 'peak' en dan is dit maar weer snot en vistrane ini kaap....hierdie te vroeg 'peak' van die stormertjies is soos julle girls daar kla oor julle manne se "premature climaxing" op ander gebiede ook....en soos julle girls onbevredig gelos word...so word julle ondersteuners gelos met lee trofee kaste...shame siestog foeitog....g'n wonder ons beleef sulke lekker tye met julle vrouens as ons daar gaan kuier nie.... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2011
R 109,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,950.00

TOYOTA

Condor 3000D Estate TE MPV Dsl MY01
2002
R 89,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.