Super Rugby

Butch James uit bloute by Lions

2011-02-01 07:18
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Coetzee soek nie meer oorsese losvoorspeler
Coetzee soek nie meer oorsese losvoorspeler

Allister Coetzee, wat uit verskeie oorde gekritiseer is oor Jebb Sinclair se insluiting, het sy soektog na 'n oorsese losvoorspeler laat vaar.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Johannesburg - Die Lions se rugbygroep word vandag (Dinsdag) deur nóg ’n Springbok-losskakel versterk wanneer Butch James hom van Bath by die Gautengers aansluit.

James behoort vandag op ’n vlug vanuit Engeland in Johannesburg as die Lions se nuutste aanwins aan te land.

Die Goue Leeus Rugbyunie (GLRU) se bestuur wou nie gister bevestig dat James wel die Lions se jongste vangs is nie, maar Sport24 het betroubaar verneem dat dié 32-jarige losskakel hom vroeër as verwag uit sy kontrak met Bath losgewikkel het om vir John Mitchell se span te speel.

James word al geruime tyd met die Gautengers verbind, maar hy is eers later in die seisoen in Johannesburg verwag.

Die Lions sal na dese met albei die Bok-losskakels van 2007 se Wêreldbeker-groep kan spog nadat André Pretorius hom vroeër van die Sharks af weer by sy ou spanmaats aangesluit het.

Die Lions is juis vanaand hier op Nuweland teen die Sharks in die Neo Africa-reeks in aksie.

John Smit het ’n plek as kaptein én haker in die eerste beginspan gekry wat die Sharks vanjaar gekies het.

Smit, ook Springbok-kaptein, begin tussen Tendai Mtawarira en Jannie du Plessis in ’n sterk voorry wat hul afrigter, John Plumtree, gekies het.

Die Bok-haker Bismarck du Plessis is een van die Sharks se plaasvervangers, maar hy en Smit behoort deur die loop van die Super Rugby-reeks gereeld plekke in die beginspan te ruil.

Verder het Plumtree die opwindende Patrick Lambie bo Jacques-Louis Potgieter as sy losskakel gekies.

Meyer Bosman, wat as Stefan Terblanche se sentermaat sal uitdraf, is die enigste van die Sharks se drie nuwelinge wat in die wedstryd gaan begin. Die ander is Potgieter en Conrad Hoffman wat ook later speelkans kan kry.

Op die oog af lyk die beginspan nie na een waarin daar veel proefnemings is nie en dit blyk dat Plumtree ’n goeie idee het van wie sy bestes is.

Wat die Lions betref, gaan Jano Vermaak en André Pretorius die eerste keer sedert ’n groot Leeus-nagmerrie weer as skakelpaar in die beginspan speel.

Dié tweetal was die skakelpaar toe die Goue Leeus in 2009 met 10-74 teen die Britse Leeus en Ierse Leeus op Coca-Colapark in Johannesburg verloor het. Sedertdien is Pretorius beseer, weg na die Western Force, beseer, weg na die einste Sharks en weer terug in die Leeutrop.

Vermaak vervang Rory Kockott, wat in Vrydagaand se nederlaag van 0-15 teen die Stormers begin het.
Die Lions-afrigter, Mitchell, het verder besluit om die jongeling Jaco Taute nog ’n kans te gee, maar gaan hom as heelagter loslaat.
Dit is die posisie waarin Taute in verlede jaar se Curriebeker-reeks beïndruk het.

Taute het Vrydagaand as binnesenter uitgedraf, maar die vleuel Deon van Rensburg gaan vanaand die nr. 12-trui dra.
Michael Killian skuif van heelagter na vleuel.

Voorlangs gaan die Lions weens die vaskopstut Kevin Buys se besering die aanwins Patric Cilliers sy buiging laat maak.
Cilliers het die einste Sharks onlangs verlaat en maak dus sy debuut teen sy ou spanmaats.

Martin Bezuidenhout kry ook ’n kans om sy kleim as haker ten koste van Bandise Maku af te steek.

* Die spanne is:

Sharks: Louis Ludik, Odwa Ndungane, Stefan Terblanche, Meyer Bosman, JP Pietersen, Patrick Lambie, Charl McLeod, Ryan Kankowski, Willem Alberts, Jacques Botes, Alistair Hargreaves, Ross Skeate, Jannie du Plessis, John Smit (k), Tendai Mtawarira. PLAASVERVANGERS: Craig Burden, Eugene van Staden, Gerhard Mostert, Daniel Adonga, Conrad Hoffman, Jacques-Louis Potgieter, Adrian Jacobs, Bismarck du Plessis, Anton Bresler, Jacques Engelbrecht, Riaan Swanepoel, Lwazi Mvovo, Mark Richards.

Lions: Jaco Taute, Tonderai Chavhanga, Waylon Murray, Deon van Rensburg, Michael Killian, André Pretorius, Jano Vermaak, Warren Whiteley, Josh Strauss, Derick Minnie, Franco van der Merwe (k), George Earle, Patric Cilliers, Martin Bezuidenhout, JC van Rensburg. PLAASVERVANGERS: Bandise Maku, Ross Geldenhuys, Wikus van Heerden, Cobus Grobbelaar, Rory Kockott, Jannie Boshoff, Burton Francis, Edgar Marutlulle, Caylib Oosthuizen, David Bulbring, Dries van Schalkwyk, Joubert Engelbrecht, Lionel Mapoe/James Kamana.

Afskop: 19:00.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

- Sport24

Lees meer oor: butch james  |  sharks  |  lions  |  super rugby

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

LouisdB sê... Ag die ou gesanik oor plaaslike spelers vs die wat oorsee speel maak my lam, kry die beste spelers om die toernooi te wen, al kom hulle van ysland! Ons leef in professionele era en ons verwag die spelers moet profesioneel wees maar ons ondersteuners is tog so verkramp! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Nippy. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY02
2005
R 119,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Golf 4 1.6 Std 5-dr
2001
R 71,400.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.