Super Rugby

Bulls weet Kaplan vat g’n twak

2010-04-08 10:55
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Reds klop Brumbies met enkele punt
Reds klop Brumbies met enkele punt

Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Pretoria - ’n Bietjie slimmer speel en beter afrond.

Dít is die vernaamste opdragte wat die Bulls-afrigter, Frans Ludeke, vandag en môre in die koppe van sy ervare rugbyspan gaan indril vir die Super14-wedstryd teen die Chiefs in Hamilton.

Die Bulls se benadering van “week-vir-week” is steeds toepaslik, sê die breier en die teleurstelling van die nederlaag in Auckland is verby.

“Ons het klaar ons huiswerk oor die Chiefs gedoen,” het Ludeke gesê.

“Daar sal ’n poging van 80 minute van ons kant af móét wees en ons sal slimmer moet speel as wat die geval teen die Blues was. Dit gaan oor kanse skep en om dan af te rond. Teen die Chiefs sal jy kanse kry as jy die basiese dinge reg en goed doen.”

Die Bulls het die Chiefs verlede seisoen twee keer geklop en behoort dus te weet hoe daar takties teen hulle gespeel moet word, maar albei daardie wedstryde was op Loftus Versfeld.

Wat het dus verander? “Nie veel nie. Hulle is steeds ’n span wat goeie, afgeronde rugby speel en daar het nie veel verander aan die styl wat hulle tot in die eindstryd gebring het nie. Met Ian Foster steeds daar as afrigter het hulle ook goeie kontinuïteit in die reeks,” sê Ludeke.

Die Bulls het hulle in Auckland teen Craig Joubert se onverbiddelike fluitjie vasgeloop en veral Deon Stegmann het homself binne die eerste halfuur uit die wedstryd gespeel.

Jonathan Kaplan gaan nie “sagter” wees nie, maar volgens Ludeke besef sy span hy sal nie weer soveel strafskoppe kan afstaan nie.

Die Chiefs het intussen ook hul span aangewys. In die afwesigheid van Mils Muliaina, wat sy duim teen die Highlanders gebreek het, sal die kantman Liam Messam die span aanvoer.

Nog ’n All Black-flank, Tanerau Latimer, is terug in die span nadat hy van ’n besering herstel het, wat beteken dat die Bulls met drie internasionale spelers (Sione Lauaki is die ander) in die lostrio te doen gaan kry.

Daar is nog All Blacks, naamlik Brendon Leonard, Mike Delaney, Stephen Donald, Richard Kahui en Lelia Masaga, wat daarop dui dat die groot gevaar vir die Bulls agterlangs kan skuil.

Die Chiefs se span is:
Tim Nanai-Williams, Lelia Masaga, Richard Kahui, Stephen Donald, Dwayne Sweeney, Mike Delany, Brendon Leonard, Sione Lauaki, Tanerau Latimer, Liam Messam (k), Culum Retallick, Craig Clarke, Ben Afeaki, Hika Elliot, Sona Taumololo. PLAASVERVANGERS: Vern Kamo, Toby Smith, Jarrad Hoeata, Colin Bourke, Junior Poluleuligaga, Callum Bruce, Jackson Willison.

- Sport24
 

Lees meer oor: bulls  |  super14

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

Corrie sê... TEAM PLAYED WON LOST DREW POINTS FOR POINTS AGAINST TRIES FOR TRIES AGAINST LOSS BONUS TRIES BONUS POINTS Combined Log Chiefs 12 10 2 0 330 247 35 18 1 4 53 Stormers 11 10 1 0 245 171 19 12 1 0 49 Brumbies 11 7 4 0 302 237 33 21 4 4 44 Bulls 12 8 4 0 371 274 38 27 4 4 48 Al daai papsak suiers...die bulle se 'swak' rugby ten spyt...kyk biki daar waar staan 19 12 by die stormers en 38 27 by die bulle....dis driee vir en driee teen....! net een span het meer driee gedruk sover as die bulle...so wag maar en sien...stormers kan nie altyd net op verdediging staatmaak nie...nou kom die fase waar die bulle gaan 'peak' en dan is dit maar weer snot en vistrane ini kaap....hierdie te vroeg 'peak' van die stormertjies is soos julle girls daar kla oor julle manne se "premature climaxing" op ander gebiede ook....en soos julle girls onbevredig gelos word...so word julle ondersteuners gelos met lee trofee kaste...shame siestog foeitog....g'n wonder ons beleef sulke lekker tye met julle vrouens as ons daar gaan kuier nie.... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2011
R 109,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,950.00

TOYOTA

Condor 3000D Estate TE MPV Dsl MY01
2002
R 89,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.