Super Rugby

Bulls-vreugde vir Victor

2010-04-10 07:17
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Kaplan gee Stormers raad oor breinkrag
Kaplan gee Stormers raad oor breinkrag

Gebruik die grys stof tussen jou ore en hou die gewig wat jy in die gimnasium kan opstoot eerder in die agterkop.

Tappe wys blaser op sy 'drie-fout'
Tappe wys blaser op sy 'drie-fout'

Dewaldt Duvenage se “drie” wat nie vroeg in Saterdag se Super Rugbywedstryd tussen die Stormers en Crusaders toegeken is nie, moes gestaan het.

Bulls en Cheetahs oefen
Bulls en Cheetahs oefen

Die Cheetahs en Bulls oefen vir die groot Super Rugby-derby op Loftus Versfeld.

Pretoria - Die eina van verlede week was die groot aansporing in die Bulls se uitstekende oorwinning oor die Chiefs in Hamilton, het die Super14-rugbyspan se kaptein, Victor Matfield, gesê nadat die Bulls met 33-19 gewen het.

Die besoekers het verlede week nie teen die Blues oortuig nie, maar het gister heelwat beter gespeel om hul eerste oorwinning tot nog toe in Hamilton te behaal.

“Ons was nie tevrede met die manier waarop dinge in Auckland verloop het nie en was baie teleurgesteld met ons poging daar,” het Matfield erken.

“Die ouens het vanaand (gister) gewys daar is baie karakter in die span. Hulle wou vergoed vir daardie vertoning en het baie ingesit om dit reg te kry.”

En om die Hamilton-juk af te skud, is ’n bykomende pluspunt, meen hy.

“Dit was great om hier te wen. Enige oorwinning in Nieu-Seeland is iets besonders.

“Dit is die moeilikste plek ter wêreld om in te toer en te wen, dus is ons baie tevrede met ons vertoning vanaand (gister).”

Volgens Matfield begin die harde werk weer Maandag. “Ons is tevrede, maar volgende week wag daar weer ’n hoë hekkie teen die Reds.

Ons het nou ’n langnaweek en vlieg Brisbane toe, maar sal weer Maandag die oefenveld met mening tref. Dan begin die harde werk weer van voor af.”

Matfield was vol lof vir Pierre Spies en Gurthrö Steenkamp, wat albei hul 50ste wedstryd vir die Bulls gespeel het.

“Pierre en Gurthrö het soveel vir die Bulls gedoen; dit is fantasties dat hulle dié mylpaal met so ’n goeie oorwinning kon vier.

“Sulke mylpale word nie aan ’n groot klok gehang by die Bulls nie, maar albei kan tevrede voel oor hoe hulle dit gevier het.”

Die Bulls moes kort voor die afskop vinnig spring om Jaco van der Westhuyzen te vervang nadat hy tydens die opwarmsessie ’n kuitspier gerek het.

Jaco Engels (stut) het hom vervang en selfs laat in die wedstryd speelkans gekry. Engels se vorige verskyning vir die Bulls was in verlede seisoen se reeks.

- Sport24
 

Lees meer oor: bulls  |  super14

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

David sê... Barend Die papsakkers is eintlik die tuiste vir die 'newwir wozzers'. 'n 'Has been' is te skaam om in passiongapland te speel. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bfn: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HYUNDAI

Getz 1.4 GL 5-dr Sport
2011
R 109,900.00

OPEL

Astra 1.6 Essentia 5-dr MY10
2011
R 209,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Vivo 1.4 Trendline 5-dr
2011
R 117,499.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.