Super Rugby

Bulls vra Bakkies-vuur

2011-03-24 07:05
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Reds klop Brumbies met enkele punt
Reds klop Brumbies met enkele punt

Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Pretoria - Sy bloedbroer, Victor Matfield, hoop nie die uitwysing van Bakkies Botha gaan dié ou grote se vuur komende Saterdag teen die Lions blus nie.

Botha is Saterdagaand ná die Stormers-nederlaag deur Sanzar se uitwysingsbeampte in Suid-Afrika, Freek Burger, uitgewys, maar dit is Dinsdag vinnig deur ’n Sanzar-tugkomitee verwerp.

Botha kan dus die naweek deel hê aan die Jukskei-derby.

“Ek kan maar net hoop daardie uitwysing beïnvloed nie Bakkies se spel nie.

“Ek was baie verbaas toe ek hoor hy is uitgewys.

“ Ek was van mening dat daar ander voorvalle in die wedstryd was wat moontlike uitwysing tot gevolg sou hê, maar beslis nie Bakkies se duikslag nie,” het Matfield hier gesê.

“Ek weet Bakkies is baie vasbeslote om nie weer in voorvalle betrokke te raak nie en wil op die reguit pad bly.

“Ons het ’n vurige Bakkies nodig Saterdag.”

Dit is duidelik, ná agtereenvolgende nederlae (op Loftus nogal), dat die Bulls meer as net ’n vurige Botha nodig het om weer sy sprankel te herwin en Matfield het toegegee dat ’n paar spanmaats moet vinger trek.

“Dit is nie net die senior spelers nie, maar almal.

“Daar is geweldige verwagtinge vir die span van ondersteuners en die span self en om daaraan te voldoen, móét almal volgens hulle potensiaal speel, die topspelers inkluis.”

Matfield sê die span glo steeds in wat hy doen en wat hy kan bereik en vra die ondersteuners om dieselfde te doen.

Een speler wat nie vir die volgende paar maande terug sal wees nie is Gurthrö Steenkamp en die Bulls-afrigter, Frans Ludeke, het gister Dean Greyling se naam as loskop uitgelees toe hy sy span vir die Lions-stryd aangekondig het.

“Gurthrö is beslis ons voorste loskop en dit is ’n gevoelige slag om hom te verloor, maar dit gaan so in rugby. Gelukkig het Dean goed herstel ná sy besering en ons weet hy sal sy kant bring,” het Ludeke gesê.

Greyling se vertonings in verlede jaar se Curriebeker-reeks het hom deel gemaak van die Springbokke se groter oefengroep en “Wors”, soos hy hier genoem word, sal sekerlik sy eerste geleentheid in vanjaar se Super-reeks wil aangryp om sy nasionale aandele te behou.

Jaco van der Westhuyzen sal heelagter speel as Zane Kirchner nie teen Vrydag van sy skouerbesering herstel het nie.

Dié veteraan-agterspeler het nog nie vanjaar enige aksie gesien nie.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

- Sport24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
41 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

Corrie sê... TEAM PLAYED WON LOST DREW POINTS FOR POINTS AGAINST TRIES FOR TRIES AGAINST LOSS BONUS TRIES BONUS POINTS Combined Log Chiefs 12 10 2 0 330 247 35 18 1 4 53 Stormers 11 10 1 0 245 171 19 12 1 0 49 Brumbies 11 7 4 0 302 237 33 21 4 4 44 Bulls 12 8 4 0 371 274 38 27 4 4 48 Al daai papsak suiers...die bulle se 'swak' rugby ten spyt...kyk biki daar waar staan 19 12 by die stormers en 38 27 by die bulle....dis driee vir en driee teen....! net een span het meer driee gedruk sover as die bulle...so wag maar en sien...stormers kan nie altyd net op verdediging staatmaak nie...nou kom die fase waar die bulle gaan 'peak' en dan is dit maar weer snot en vistrane ini kaap....hierdie te vroeg 'peak' van die stormertjies is soos julle girls daar kla oor julle manne se "premature climaxing" op ander gebiede ook....en soos julle girls onbevredig gelos word...so word julle ondersteuners gelos met lee trofee kaste...shame siestog foeitog....g'n wonder ons beleef sulke lekker tye met julle vrouens as ons daar gaan kuier nie.... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2011
R 109,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,950.00

TOYOTA

Condor 3000D Estate TE MPV Dsl MY01
2002
R 89,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.