Bulls verdedig Bakkies
2010-05-19 14:01
In-diepte Verslae
Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.
Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.
Johannesburg – Die Bulls-kaptein, Victor Matfield, het sy spanmaat Bakkies Botha verdedig nadat dié slot vir vier weke geskors is vir gevaarlike spel.
Matfield het gesê die Bulls aanvaar die uitslag van Sanzar se tugkomitee maar voel jammer vir Botha.
Die Bulls-spelers voel dat as daar nie 'n duidelik verskil in grootte tussen Botha en Gio Aplon was nie, geen uitwysing sou plaasvind nie aangesien soortgelyke voorvalle tydens dieselfde wedstryd gebeur het, maar niemand gestraf is nie.
“Dit is moeilik vir ‘n ou soos Bakkies wat sy krag op die veld gebruik in alles wat hy doen. Ander spelers doen presies dieselfde by ‘n losskrum, maar nie met dieselfde krag en intensiteit nie. As dit ek was, wat so in die losskrum ingeduik het, sou dit nie naastenby so erg gelyk het nie. Dit is een van sy sterkpunte, die manier waarop hy voluit speel en dit is hoekom hy vir ‘n span gekies word,” het Matfield gesê.
Dit was aan die Bulls-breier Frans Ludeke oorgelaat om diplomaties te wees met sy antwoorde op die vrae oor Botha se skorsing.
"Ons aanvaar die straf, maar vra net dat daar konsekwentheid in beslissings moet wees," het Ludeke gesê.
Die Bulls voel hul word geteiken omdat die Crusader-stut Ben Franks 'n duikslag verlede Saterdag uitgevoer het, sonder om sy arms te gebruik, en sodoende Stephen Moore se kakebeen gebreek het. Franks is nie vir dié gevaarlike duikslag uitgewys nie.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
- Sport24