Bulls verander twee vir Jukskei-derby
2011-03-23 13:38
In-diepte Verslae
Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.
Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.
Pretoria - Die Bulls moes twee noodgedwonge veranderinge maak vir hul derby-stryd in Saterdag se Super Rugby-kragmeting teen die Lions op Loftus Versfeld in Pretoria.
Jaco van der Westhuyzen draf uit op heelagter in die plek van Zane Kirchner, wat sy skouer in verlede naweek se kragmeting teen die Stormers beseer het.
En Dean Greyling sal op loskop sak in die plek van Gurthrö Steenkamp. Steenkamp sal vir ses weke op die krukkelys wees nadat hy sy arm in die nederlaag teen die Stormers gebreek het.
Afskop Saterdag in Pretoria is 17:05
Bulls:
15. Jaco van der Westhuyzen, 14. Gerhard van den Heever, 13. Jaco Pretoruis, 12. Wynand Olivier, 11. Bjorn Basson, 10. Morne Steyn, 9. Fourie du Preez, 8. Pierre Spies, 7. Dewald Potgieter, 6. Deon Stegmann, 5. Victor Matfield (kaptein), 4. Bakkies Botha, 3. Werner Kruger, 2. Chiliboy lepelle, 1. Dean Greyling.
Plaasvervangers: Gary Botha, Rossouw de Klerk, Flip van der Merwe, Danie Rossouw, Francois Brummer, Francois Hougaard, Derick Kuun.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- Sport24