Super Rugby

Bulls se oë op Stormers

2011-05-20 07:27
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Highlanders te sterk vir Blues
Highlanders te sterk vir Blues

Die Highlanders moes 'n laat terugvegpoging deur die Blues afweer om die Super-rugbykragmeting op Eden Park in Auckland te wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Pretoria - Die Bulls sal Vrydagoggend asem ophou om te sien of die erg mank Stormers die pas in die Suid-Afrikaanse groep van Super Rugby kan bly aangee – en of ’n nederlaag teen die Blues die gaping tussen die top-drie gaan verklein.

Sowel die Sharks as die Bulls kan voordeel trek uit ’n Stormers-nederlaag, iets wat Saterdag se stryd in Durban tussen hulle met ’n oktaan of twee sal laai.

Dit is juis die verwagte toets-atmosfeer wat die besoekers ’n mate van gerusstelling sal gee, want volgens die Bulls se skop-afrigter, Vlok Cilliers, is húl skopper een wat reeds oral ter wêreld gewys het hy het die temperament vir die groot oomblik.

Cilliers het Donderdag hier tydens die bekendstelling van ’n nuwe skopreeks vir skole, waarmee hy en die Bulls-losskakel, Morné Steyn, nóg skerpskutters wil kweek, gesê Steyn se skopvoet sal in enige wedstryd waain hy speel ’n faktor wees.

“Ek glo jy kies jou skopper eerste en dan die res van jou span. Hoeveel groot bekers is nie al gewen deur ’n akkurate skopper nie?

“Die Bulls is gelukkig dat hulle Durban toe gaan met iemand soos Morné, wat ure spandeer om sy hoë standaarde te handhaaf,” het Cilliers gesê.

Die 26-jarige Steyn speel in sy sewende wedstryd teen die Sharks in Super-rugby.

Hy was nog net twee keer aan die verloorkant en het 63 punte in daardie wedstryde aangeteken.

In sy vorige verskyning op dié vlak in Durban het Steyn die Sharks vroeg met twee skepdoele onder druk gehad en sodoende ’n sege vir sy span bewerkstellig.

“Ek gaan nie voor die tyd op die veld met die idee om vandag skepskoppe deur die pale te jaag nie,” het Steyn gister vertel.

“Dit is ’n geval van die situasie opsom en daarvolgens speel. Baie keer, soos met die Sharks, is die teenstanders se verdediging van so ’n aard dat daar nie deurkomkans is nie.

“Dan moet ’n mens maar die telbord en momentum aan die rol hou met ’n skepdoel.”

Altesame 3 van sy 20 Superrugby-skepdoele is teen die Sharks aangeteken en volgens hom wil hy dié getal opstoot, sou die situasie dit van hom verg.

Steyn se punte sal waarskynlik ook van die skopkegel af aangeteken word, maar volgens hom is dit nie iets wat hy noodwendig ander skoppers toewens nie.

“Durban en Kaapstad is moeilike plekke om te skop.

“Die wind warrel op ’n snaakse manier in die Kingspark-stadion en die weer is dikwels onvoorspelbaar.

“Die humiditeit pla ook en dan trek die bal natuurlik nie so ver soos hier op die Hoëveld nie,” het Steyn gesê.

“Dis boonop ’n derby en die ouens wil mekaar breek.

“Ons uitdaging gaan wees om te fokus op dit wat ons wil bereik in die wedstryd en nie op jou teenstander nie.”

Steyn verwelkom die terugkeer van Butch James en die uitdaging wat Patrick Lambie bied. “Dis goed vir almal, want kompetisie bring die beste uit almal. Geen losskakel in die land mag op sy louere rus nie.”

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

- Sport24

Lees meer oor: stormers  |  super rugby  |  bulls

Lewer kommentaar op hierdie artikel
34 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

Corrie sê... Renoir het te veel gesuip tydens lunch en nou loop die mond oor van die stront wat in sy binneste opgebou het van dei verwaarlosing in sy kinderjare....shame... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

Z4 sDRIVE20i AT
2012
R 499,500.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

OPEL

Corsa 1.4 Sport Utility MY04 PU
2009
R 124,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.