Bulls se Super-droom bly lewendig
2011-05-21 22:08
In-diepte Verslae
Die Highlanders moes 'n laat terugvegpoging deur die Blues afweer om die Super-rugbykragmeting op Eden Park in Auckland te wen.
Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.
Durban - Die Bulls het hul drome van ‘n plek in die Super 15-uitspeelwedstryde lewendig gehou met ‘n vasberade oorwinning van 32-23 oor die Sharks in Durban.
Morné Steyn het altesaam 22 punte met die skopskoen bygedra, terwyl Francois Hougaard en Bakkies Botha vir drieë kon oorduik.
Dié oorwinning het die verdedigende kampioene in die agtste plek op die algemene punteleer gelaat, maar hulle is nou net drie punte agter die Sharks.
Die Sharks sal teleurgesteld wees met hul vertoning, nadat hulle voor die wedstryd baie optimisties was, maar in die steek gelaat is deur hul hanteerwerk.
Die Sharks was teen rustyd 23-6 agter, maar het teruggeveg om met ‘n halfuur se spel oor met slegs 10 punte agter te wees.
Steyn se skopvoet het egter deurentyd die Bulls se neus voor gehou.
Adrian Jacobs het wel laat in die wedstryd ‘n drie vir die manne in swart gedruk, maar dit was nie veel meer as ‘n troosdrie nie. Die Sharks-losskakel Patrick Lambie het probeer om sy span binne sewe punte van die besoekers te sit vir ‘n bonuspunt, maar kon nie met die nodige strafskop slaag nie.
Puntemakers:
Sharks: Drieë: Bismarck du Plessis, Adrian Jacobs. Doelskoppe: Patrick Lambie (2). Strafskoppe: Lambie (3).
Bulls: Drieë: Francois Hougaard, Bakkies Botha. Doelskoppe; Morné Steyn (2). Strafskoppe: Steyn (5). Skepskop: Steyn.
- SAPA