Super Rugby

Bulls-pak in Cheetahs-pad

2011-05-28 08:40
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Highlanders te sterk vir Blues
Highlanders te sterk vir Blues

Die Highlanders moes 'n laat terugvegpoging deur die Blues afweer om die Super-rugbykragmeting op Eden Park in Auckland te wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Pretoria - Op Loftus Versfeld laat die sweet en bloed van vaste voorspelers die gras soos sprinkelbesproeiing groei.

Springbok-rugby is gewoonlik gegrond op oorheersing deur die voorspelers en dieselfde geld Saterdag hier in die Super Rugby-wedstryd tussen die Bulls en die Cheetahs.

Die Bulls se voorspeler-masjien staan vierkant voor ’n Cheetahs-span met ’n huppel in sy stap.

Ná ’n rekordgetal van vier agtereenvolgende seges kon die besoekers kwalik met meer selfvertroue hierheen gereis het, maar die Bulls het verlede naweek weer na ’n kampioenspan begin lyk. Hul voorspelers het die Sharks se fisieke pak soos in die ou dae geboelie.

Hoewel die tuisspan se voorspelertaktiek dikwels as voorspelbaar afgemaak word, bly dit doeltreffend. Victor Matfield, die Bulls-kaptein, en die res van dié span se vaste vyf gaan probeer om die Cheetahs-kaptein, Adriaan Strauss, en sy manne te karnuffel.

Die Bulls sal eerste in die lynstane ’n slag wil slaan, aangesien die Cheetahs uitgedun is op slot. Met Wilhelm Steenkamp (knie), Waltie Vermeulen (harsingskudding) en Izak van der Westhuizen (lies) uit weens beserings, moet Martin Muller, Francois Uys en die plaasvervanger Hendrik Roodt die mas opkom. Hoewel die uitslag van ’n kragmeting nie direk deur skrums bepaal word nie, verskaf dié faset belangrike momentum.

Die Cheetahs se voorry – Strauss (haker) en die stutte Coenie Oosthuizen en WP Nel – het hul beste peil onder leiding van Os du Randt, hul skrumdokter, in dié afdeling begin bereik.

Maar die Bulls wil voortbou op hul goeie skrumwerk teen die Sharks. Boonop het die Bulls sterk plaasvervangers wat ’n impak kan maak en waarmee hulle wéér, soos in die spanne se eerste derby-wedstryd, die uitklophou kan plant. Plaasvervangers soos die Bokke Gary Botha (haker), Flip van der Merwe (slot) en Danie Rossouw (flank) brand om op die veld te kom.

“Hulle (die Bulls) sal altyd ’n goeie bank hê, maar het ook ’n goeie beginspan. In die vorige wedstryd teen die Bulls het die geelkaart teen die einde volgens my ’n groter invloed op die uitslag gehad as die Bulls se bank,” sê Naka Drotské, die Cheetahs se afrigter. Volgens dié breier is Roodt, wie se rolmodel Bakkies Botha is, die regte man om die Bulls te pak.

“Ons het Hendrik voor die aanvang van die seisoen hoog aangeskryf, maar hy het hier aangekom met ’n kniebesering en was oorgewig. Daarom het ons hom eers teruggestuur Griekwas toe. Intussen het Francois Uys en Martin Muller hul kanse aangegryp.

Teen die Bulls is Hendrik die ideale ou om op die plaasver­vangersbank te hê. Hy is baie fisiek en het die eienskappe van ’n Bakkies Botha.”

Die spanne is:
Bulls: Zane Kirchner, Akona Ndungane, Jaco Pretorius, Wynand Olivier, Bjorn Basson, Morné Steyn, Francois Hougaard, Pierre Spies, Dewald Potgieter, Deon Stegmann, Victor Matfield (k), Bakkies Botha, Werner Kruger, Chiliboy Ralepelle, Dean Greyling. PLAASVERVANGERS: Gary Botha, Rossouw de Klerk, Flip van der Merwe, Danie Rossouw, Dustin Jinka, Francois Brummer, Gerhard van den Heever.

Cheetahs: Riaan Viljoen, Riaan Smit, Robert Ebersohn, Corné Uys, Philip Snyman, Sias Ebersohn, Sarel Pretorius, Davon Raubenheimer, Ashley Johnson, Kabamba Floors, Martin Muller, Francois Uys, WP Nel, Adriaan Strauss (k), Coenie Oosthuizen. PLAASVERVANGERS: Ryno Barnes, Lourens Adriaanse, Hendrik Roodt, Johan Wessels, Tewis de Bruyn, Naas Olivier, Hennie Daniller

Skeidsregter: Mark Lawrence.

Rugby op tv
Saterdag

09:35: Highlanders t Lions (SS 1, M-Net, SHD).
11:30: Edinburg-sewestoernooi (SS 6).
11:40: Brumbies t Stormers (SS 1, M-Net, SHD).
17:05: Sharks t Waratahs (SS 1, M-Net, SHD).
19:10: Bulls t Cheetahs (SS 1, M-Net, SHD).

Sondag
08:10: Reds t Crusaders (SS 1, GDN, SHD).
11:00: Edinburg-sewes (SS 1 en om 14:00 op GDN).
15:30: Engeland t Barbarians (SS 6).)

Alles afskoptye.

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

Corrie sê... Renoir het te veel gesuip tydens lunch en nou loop die mond oor van die stront wat in sy binneste opgebou het van dei verwaarlosing in sy kinderjare....shame... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

C# Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R180000 - R300000

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

Z4 sDRIVE20i AT
2012
R 499,500.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

OPEL

Corsa 1.4 Sport Utility MY04 PU
2009
R 124,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.