Bulls kies ses jonges vir stryd teen Sharks
2012-02-21 13:04
In-diepte Verslae
Die Highlanders moes 'n laat terugvegpoging deur die Blues afweer om die Super-rugbykragmeting op Eden Park in Auckland te wen.
Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.
Pretoria – Ses spelers sal hul Super-debuut vir die Bulls maak in Vrydag se openingswedstryd teen die Sharks op Loftus Versfeld in Pretoria.
Die Bulls se breier, Frans Ludeke, het Dinsdag sy 22-tal in Pretoria aangekondig.
Francois Venter, Jacques Potgieter en Juandré Kruger in die beginspan en CJ Stander, Louis Fouché en JJ Engelbrecht op die plaasvervangerbank is die spelers wat Vrydag hul Super-rugbydebuut maak.
“Hulle (Sharks) het ons verlede jaar hier op Loftus geklop en ons basies uit die kompetisie gespeel, so hulle sal met heelwat selfvertroue terugkeer. On sal baie akkuraat moet wees as ons hulle wil klop," het Pierre Spies, die Bulls se kaptein, tydens die spanaankondiging gesê.
Spies het gesê sy spanmaats kan nie wag vir die toernooi om af te skop nie.
“Ons is almal toegewyd en verbind daartoe om ‘n nuwe en spesiale tydvak by die Bulls te skep en ek is baie opgewonde oor die manier hoe die spelers daarop reageer. Ons is ‘n nuwe span, maar deel dieselfde waardes en kultuur en dit sal van groot waarde in ons aanslag wees,” het hy gesê.
So lyk die span:
15. Zane Kirchner, 14. Akona Ndungane, 13. Johann Sadie, 12. Francois Venter, 11. Bjorn Basson, 10. Morné Steyn, 9. Francois Hougaard, 8. Pierre Spies (k), 7. Jacques Potgieter, 6. Deon Stegmann, 5. Juandré Kruger, 4. Flip van der Merwe, 3. Werner Kruger, 2. Chiliboy Ralepelle, 1. Dean Greyling
Plaasvervangers: Willie Wepener, Frik Kirsten, Wilhelm Steenkamp, CJ Stander, Jano Vermaak, Louis Fouché, JJ Engelbrecht
Afskoptyd is Vrydag om 19:10.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24