Super Rugby

Bulls ‘kan nie wag’ vir Slag van Soweto

2010-05-18 08:02
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Highlanders te sterk vir Blues
Highlanders te sterk vir Blues

Die Highlanders moes 'n laat terugvegpoging deur die Blues afweer om die Super-rugbykragmeting op Eden Park in Auckland te wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

J.J. Harmse

Johannesburg - As die Bulls nié in Soweto se Orlando-stadion wou speel nie, sou hulle beslis nie alles uitgehaal het om eerste op die punteleer te eindig nie.

Só sê die Bulls-skrumskakel, Fourie du Preez, oor die veld waarop hulle Saterdag in die een halfeindstryd van die Super14-reeks teen die Crusaders uitdraf.

Dit sal vir die Bulls ’n eerste wees nadat hulle in 2007 en 2009 op Loftus Vers­feld in halfeindstryde tuis gespeel het.

“Ons weet al ’n geruime tyd dat ons daar sou speel, so dit is nie nuus vir ons nie. Die ouens sien regtig uit daarna.

Dit is ’n fantastiese geleentheid. Ons moes dus seker maak ons eindig bo-aan die punteleer sodat ons dit kan beleef,” sê Du Preez.

Oor sy teenstanders is dié 28-jarige speler ewe opgewonde.

“Ons speel teen die Cru­saders, die beste span in die geskiedenis van die reeks. Maar dit is soos ons dit wou hê. Jy wil teen die beste spanne speel en ons kry nou die kans om ons weer teen hulle te bewys.”

Du Preez meen die vorige kragmeting tussen die spanne op 7 Mei kan wel ’n invloed op die uitslag hê. Die besoekers skroom nie om te sê hulle is toe van ’n oorwinning beroof nie.

“Ons het ook baie lesse uit daardie wedstryd geleer. Hulle voel dalk hulle het genoeg gedoen om die wedstryd te wen, maar ek voel weer óns het genoeg gedoen. En óns het die wedstryd gewen, nie hulle nie.

“Almal praat van momentum, maar die Crusaders het maar een van hul laaste vier wedstryde gewen.”

Hy verwag nietemin weer ’n kwaai aanslag van die besoekers. “Ek verwag dat hulle weer baie min sal skop en weer baie dieselfde as in die vorige wedstryd sal wil speel.

Die druk gaan dié keer baie anders wees, so ek weet nie of daardie styl weer vir hulle sal werk nie.”

Hy glo ook vlugflouheid kan die Crusaders pootjie.

“Die vlugflouheid sal ’n invloed hê, maar hul ervaring sal help. Dit kan nogtans hard op hulle wees om twee keer in twee weke heen en weer te vlieg.

Met die lugdruk, veral op die Hoëveld, kom sit die vlugflouheid in die longe.” Daarenteen sal die Bulls se ruskans verlede week in hul guns tel, het Du Preez gesê.

Hy speel in sy 98ste Superrugby-wedstryd en sou hy verlede naweek in Kaapstad gespeel het, was daar die kans van sy 100ste wedstryd in die eindstryd.

“Dit maak nie saak nie. Die meeste van ons het al die minute in al die wedstryde gespeel, dus was die ‘wegbreek’ broodnodig.

Ons het die reg verdien om ’n verswakte span Kaap toe te stuur. Ander spanne het dit nie verdien nie, daarom kon hulle dit nie doen nie.”

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24

Lees meer oor: soweto  |  crusaders  |  bulls  |  super14

Lewer kommentaar op hierdie artikel
30 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

Corrie sê... Renoir het te veel gesuip tydens lunch en nou loop die mond oor van die stront wat in sy binneste opgebou het van dei verwaarlosing in sy kinderjare....shame... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

Z4 sDRIVE20i AT
2012
R 499,500.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

OPEL

Corsa 1.4 Sport Utility MY04 PU
2009
R 124,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.