Super Rugby

Bulls kan dalk weer op ’n piesangskil gly

2011-06-18 08:32
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Highlanders te sterk vir Blues
Highlanders te sterk vir Blues

Die Highlanders moes 'n laat terugvegpoging deur die Blues afweer om die Super-rugbykragmeting op Eden Park in Auckland te wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Johannesburg – Draai die horlosie 20 jaar terug.

Dít is wat die Sharks Saterdagmiddag op Loftus Versfeld in Pretoria moet doen om hul plek in die uitspeelrondes van die Super Rugby-reeks te bespreek.

Net soos in die Curriebeker-eindstryd van 6 Oktober 1990 word die Durbaniete vandag omtrent nie ’n kans gegun om die Bulls te klop nie.

Wat daardie dag op die einste Loftus gebeur het, is nou deel van die Suid-Afrikaanse rugbygeskiedenis.

Craig Jamieson se Natallers daar uit die “Last Outpost” het die Blou Bulle met hul broeke op hul knieë betrap en met 18-12 in een van die grootste opskuddings in Curriebeker-geskiedenis gewen.

Die Piesangboere het die Ligbloues met ’n slenter gevang waarin die Sharks-afrigter, John Plumtree, ’n rolspeler was.

Hy sou as flank opgedraf het, maar is deur die veel stewiger slot Steve Atherton vervang, wie se gewig gehelp het om die Noord-Transvalers voorlangs aan bande te lê.

Plumtree het wel later sy verskyning as impakspeler gemaak en wie weet, dalk voer hy vandag weer iets in die mou om die Bulls onkant te betrap.

Hy het reeds van sy kaarte op die tafel geplaas deur die Fransman Frederic Michalak as losskakel te kies en Patrick Lambie heelagter toe te skuif.

Dié twee moet die spelskeppers wees.

Lambie is gebore 11 dae nadat die Natallers in 1990 skokgolwe deur Ligblou-land gestuur het.

Saterdag wil hy sy eie hoofstuk of twee in die Sharks se geskiedenisboeke skryf.

Soos die Bulls egter die afgelope paar weke speel, is die enigste wip waarin hulle vandag gevang gaan word een wat hulle self kan stel. En daardie wip se naam is oorgerustheid.

Die wisselvallige Sharks sal die tuisspan nie sommer klop nie, tensy die Bulls nie gefokus is nie en reeds dink aan ’n vlug Australasië toe vir ’n kwarteindstryd.

Net minder as ’n maand gelede het die Bulls die Sharks met 32-23 in Durban geklop, maar dit was veel meer oortuigend as wat die telling – en twee drieë elk – aandui.

Die Bulls se sege verlede week in Kaapstad oor die Stormers en die Sharks se gesukkel teen die Lions dui oënskynlik daarop dat ’n aand van feesvieringe in die Bulkraal voorlê.

Maar baie spanne is al in die verlede aan die slaap gesus deur te glo ’n sege is in die sakkie voordat hy nog toegeknoop is.

Vra maar vir “Baas” Naas en sy pêlle oor daardie dag in 1990.

Hulle sou dit nog nie vergeet het nie.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

Lees meer oor: bulls  |  sharks  |  super rugby

Lewer kommentaar op hierdie artikel
26 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

Corrie sê... Renoir het te veel gesuip tydens lunch en nou loop die mond oor van die stront wat in sy binneste opgebou het van dei verwaarlosing in sy kinderjare....shame... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

Z4 sDRIVE20i AT
2012
R 499,500.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

OPEL

Corsa 1.4 Sport Utility MY04 PU
2009
R 124,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.