Super Rugby

Bulls glo hulle kan buurman klop

2011-02-15 08:03
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Highlanders te sterk vir Blues
Highlanders te sterk vir Blues

Die Highlanders moes 'n laat terugvegpoging deur die Blues afweer om die Super-rugbykragmeting op Eden Park in Auckland te wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Pretoria - Die Bulls is slaggereed vir die Lions.

Hulle sal weliswaar hul suidelike buurman sonder beseerde Springbokke soos Francois Hougaard en moontlik ook Jaco Pretorius en Zane Kirchner moet pak, maar hul afrigter, Frans Ludeke, glo hulle het genoeg skietgoed om die tuisspan se kop in die sand te vryf.

“Die Lions het op die oomblik baie momentum en is vol selfvertroue ná ’n goeie voorseisoense fase. Maar hulle het hul doelwitte gehad en ons het ons eie wat behaal moes word voor die eerste wedstryd Saterdag. Ek is tevrede dat ons reg sal wees,” het Ludeke gesê.

Die Lions het verskeie opwarmwedstryde gespeel en onder meer goeie oorwinings met hul waarskynlike span oor die Sharks en Tucuman behaal, terwyl die eerstekeuse-Bulls slegs teen die Pumas in Nelspruit litte losgemaak het.

“Elke span moet doen wat hy glo vir hom werk en ek is tevrede dat ons onsself in die beste posisie gestel het om die seisoen op ’n wennoot af te skop,” het Ludeke gesê.

Die breier was gister ’n tevrede man ná ’n paar harde oefensessies wat skrumwerk, lynstane en taktiese spel ingesluit het.
“Dit was goed om te sien die span was reg en aangeskakel toe hulle vandag (gister) hier aangekom het ná ’n paar dae se rus. Dit wys dat hulle wil goed doen.”

Die Bulls het in 2009 en 2010 die reeks sterk begin en hul eerste vyf wedstryde gewen – en nie daarna teruggekyk nie. Ludeke erken dat dit die ideale resep bly om te volg.

“Ons sal beslis probeer om dieselfde grondslag te lê vanjaar. ’n Goeie begin teen die Lions gaan noodsaaklik wees, juis omdat hulle soveel momentum het.”

Die Bulls beplan nie noodwendig ’n blitzkrieg nie, maar erken dat hulle vinnig punte op die telbord moet kry.

“Daar was verlede seisoen leemtes in ons spel by die af- en inskoppe en dit is iets waaraan ons hard gewerk het. Daar was beslis ’n fokus op daardie aspek van die spel, so ons vertrou op ’n stewige begin.”

Ludeke wou nie te veel sê oor spesifieke planne teen die Lions nie, maar gesê hulle het dié span se speelstyl goed opgesom.

“Hulle is lief om lynstane te vermy deur vinnige ingooie te neem en om die spel vinnig te maak deur vinnige tikskoppies wanneer hulle ’n strafskop gekry het. Daardie styl was al einde verlede seisoen deel van hulle spel en ek verwag nie dat hulle veel daarvan sal afwyk nie.”

Ludeke het Maandag gehoor dat Hougaard vir minstens nog twee weke buite aksie sal wees.

“Hy is ’n speler van formaat en dit is nooit lekker om sulke ouens langs die kantlyn te hê nie. Gelukkig vir ons kon ons beplan met sy besering en planne maak om ander spelers in sy plek voor te berei. Dit gaan ’n lang reeks wees en dit is nie nodig om kanse te waag nie. Die besluit oor spelers se fiksheid lê by die spandokter en as hy sê ’n speler is nie fiks nie, kies ek hom nie.”

Hougaard het ’n stresfraktuur in sy voet en die herstelfase neem langer as wat aanvanklik voorspel is. 

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

- Sport24

Lees meer oor: lions  |  bulls  |  super rugby  |  beserings  |  rugby

Lewer kommentaar op hierdie artikel
11 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

Corrie sê... Renoir het te veel gesuip tydens lunch en nou loop die mond oor van die stront wat in sy binneste opgebou het van dei verwaarlosing in sy kinderjare....shame... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

Z4 sDRIVE20i AT
2012
R 499,500.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

OPEL

Corsa 1.4 Sport Utility MY04 PU
2009
R 124,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.