Super Rugby

Bulls-glipse onder loep

2011-02-21 08:58
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Highlanders te sterk vir Blues
Highlanders te sterk vir Blues

Die Highlanders moes 'n laat terugvegpoging deur die Blues afweer om die Super-rugbykragmeting op Eden Park in Auckland te wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Pretoria - Gelukkig vir die Bulls kan al die glipsies wat hulle amper ’n sege teen die Lions gekos het met harde werk op die oefenveld reggestel word.

Só glo die Bulls-breier, Frans Ludeke, nadat sy rugbyspan vir 40 minute meedoënloos die fondament vir ’n sege gegrawe het en toe in die volgende 40 minute amper daarin geval het voordat die sement ingegooi is.

Die Bulls kon geen punte in die tweede helfte aanteken in hul sege van 24-20 nie, is kwaai by die afbreekpunte gestraf en het selfs ’n geelkaart weens swak dissipline gekry.

Tussen alles deur moes hulle ook hul doellyn verbete teen ’n vasbeslote Lions-span bewaak en kon die tuisspan twee keer deur die besoekers se verdedigingslinie bars.

“Dit gaan oor die beskerming van die bal as jy dit het. Ons het in die eerste helfte die bal goed gebruik en kon selfs nog twee of drie drieë gedruk het. In die tweede helfte het ons egter te veel besit afgestaan,” het Ludeke gesê.

“Ons sal die bal beter moet beskerm.”

In dié verband het die Bulls-kaptein, Victor Matfield, sy hand skuldig opgesteek.

“Ja, ek was een wat die bal onnodig weggegee het met daardie skop van my in die tweede helfte. Dit was nie ’n goeie keuse nie,” het Matfield erken.

Volgens hom was die span se verdediging ’n hoogtepunt.

“Dit tap ’n mens as jy die heeltyd moet verdedig en die Lions het in die tweede helfte groot eise aan ons gestel.

Jy moet hulle loof vir die manier waarop hulle die bal behou het en ons moes baie duikslae uitvoer. Ek is baie trots op die manier waarop die ouens vasgebyt het.”

Die Bulls se breker-skrumskakel, Fourie du Preez, was ewe tevrede.

“Ons doelwit was om dié een deur te trek en dit het gebeur.

My skouer het ook goed gehou en dit is altyd lekker om iets soos ’n 100ste wedstryd met ’n sege af te rond.

Ons kan egter veel beter as dít speel en dit sal die komende week se fokus wees,” het Du Preez gesê.

Hy het sy 100ste wedstryd met ’n goeie vertoning gevier en veral op die verdediging talle Lions-aanvalle gestuit.

“Ons was by tye onder druk en ek is tevrede dat ek kon help om hul momentum te stuit,” het Du Preez gesê.

Ludeke sal vandag hoor wat die skade aan Gary Botha se skouer is, maar sake lyk nie te goed vir dié haker nie.

Hy het die veld ná sowat ’n halfuur in groot pyn verlaat en is deur Chiliboy Ralepelle vervang.

Die Bulls se flank, Derick Kuün, sal waarskynlik nou as plaasvervanger-haker ingespan word terwyl Botha herstel, met Ralepelle wat vir die volgende paar weke of wat die nommer 2-trui kan dra.

Kuün het in 2007 en 2008 vir die Bulls haker gespeel voordat hy teruggeskuif het flank toe.

Die Bulls is steeds sonder Francois Hougaard, maar Jaco Pretorius behoort fiks verklaar te word om Vrydag teen die Cheetahs te speel.

Danie Rossouw, wat weens ’n spinnekopbyt kort voor die afskop deur Flip van der Merwe vervang moes word, sal ook reg wees.

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24

Lees meer oor: lions  |  bulls  |  super rugby  |  beserings

Lewer kommentaar op hierdie artikel
17 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

Corrie sê... Renoir het te veel gesuip tydens lunch en nou loop die mond oor van die stront wat in sy binneste opgebou het van dei verwaarlosing in sy kinderjare....shame... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

Z4 sDRIVE20i AT
2012
R 499,500.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

OPEL

Corsa 1.4 Sport Utility MY04 PU
2009
R 124,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.