Bulls gaffel Crusaders
2010-05-07 21:37
In-diepte Verslae
Die Highlanders moes 'n laat terugvegpoging deur die Blues afweer om die Super-rugbykragmeting op Eden Park in Auckland te wen.
Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.
Amy Johnson
Pretoria - Francois Hougaard se drie in die doodsnikke van die wedstryd het die Bulls 'n oorwinning in hul Super14-wedstryd oor die taai Crusaders besorg.
Die Bulls het Vrydagaand dié wedstryd 40-35 op Loftus Versfeld gewen.
Die Bulls het twee drieë in die laaste tien minute van die eerste helfte aangeteken.
Hougaard was twee keer oor die doellyn en die Bulls-kaptein, Victor Matfield, een keer.
Frans Ludeke, Bulls-breier, het ná die wedstryd gesê dit was 'n baie goeie wedstryd en dat hulle gelukkig is met die uitslag.
"Vandag was daar 'n paar foute wat deurgeglip het, maar die manier hoe ons teruggeveg het en hoe ons aangehou het, dit is karakter. Ons was regtig geseënd."
Ludeke het gesê hulle gaan die sege geniet en Maandag hergroepeer en moeilike besluite neem.
Puntemakers:
Bulls:
Drieë:
Hougaard (2), Victor Matfield
Doelskoppe:
Morné Steyn (2)
Strafdoele:
Steyn (5)
Skepskop:
Steyn
Crusaders:
Drieë:
Brad Thorn, Andy Ellis, Shaun Maitland, Ti'i Paulo
Doelskoppe:
Daniel Carter (3)
Strafdoele:
Carter (2)
Skepskop:
Carter
– Nuus24