Super Rugby

Bulls dra swaar aan medaljes

2010-05-26 08:00
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Highlanders te sterk vir Blues
Highlanders te sterk vir Blues

Die Highlanders moes 'n laat terugvegpoging deur die Blues afweer om die Super-rugbykragmeting op Eden Park in Auckland te wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Pretoria – Altesame 25 Superrugby-wennersmedaljes en 1165 wedstryde in die reeks.

Dít is die ervaring en prestasie waarop die Bulls-afrigter, Frans Ludeke, hom kon beroep vir Saterdag se Super14-eindstryd teen die Stormers in Soweto.

Op Bakkies Botha na (skorsing) is al Ludeke se vernaamste spelers boonop beskikbaar en fiks, iets wat volgens die span se kaptein, Victor Matfield, net van waarde sal wees as hulle die regte rugby in die regte gebiede speel, die besoekers onder druk plaas en hul eie kanse gebruik.

“Dit is beslis lekker om te weet ons het ’n hele paar ouens wat al daar was, maar dit gaan Saterdag niks help as ons nie as ’n span opdaag en speel nie,” het die kaptein, wat self in sy derde eindstryd sal speel, gesê.

Matfield is saam met Wynand Olivier, Morné Steyn, Fourie du Preez, Pierre Spies, Danie Rossouw, Pedrie Wannenburg, Derick Kuün en Gurthrö Steenkamp op soek na hul derde Super-wennersmedalje, met net Gerhard van den Heever en Francois Hougaard in die beginspan wat nog nie op dié vlak as wenner van die veld gestap het nie.

Hougaard is ingesluit nadat hy ’n fiksheidstoets geslaag het.

Van den Heever, wat sy skorsing van twee weke uitgedien het, is die enigste verandering aan die span wat die Crusaders geklop het. Hy speel in die plek van Jaco van der Westhuyzen, wat afskuif bank toe en Stephan Dippenaar vervang.

Van der Westhuyzen en Gary Botha het in 2007 glorie geproe en Zane Kirchner, Jaco Preto­rius, Dewald Potgieter, Werner Kruger en Deon Stegmann verlede seisoen.

Volgens Matfield kan die verskil tussen die spanne die invloed van die wedstrydwenners wees. Die Bulls het veral Du Preez en Steyn in hul geledere.

“Die vaste fasette is baie belangrik, want dit bepaal in watter mate jy momentum kan kry.

“Ek verwag dat sake redelik gelykop sal wees daar.

“Die invloed van spelskeppers kan die verskil wees, maar jy moet eers die struktuur daarstel waarbinne sulke spelers kan floreer.

“Ons het ’n hele paar van daardie spelers, maar dit gaan belangrik wees dat jy die grondslag lê,” het Matfield gesê.

Die kaptein glo ook dat die beste twee spanne in die reeks in die eindstryd speel.

“Dit is nommer een teen nommer twee op die puntelys.

“Albei het ook hul halfeindstryde met goeie vertonings gewen en albei het momentum aan hul kant. Voeg daarby dat dit twee tradi­sionele vyande is en Noord teen Suid. Dit voorspel alles ’n grote.”

Die Bulls-span (met Super-wedstryde) is:
Zane Kirchner (39), Gerhard van den Heever (16), Jaco Pretorius (26), Wynand Olivier (70), Francois Hougaard (15), Morné Steyn (72), Fourie du Preez (98), Pierre Spies (55), Dewald Potgieter (30), Deon Stegmann (38), Victor Matfield (108, k), Danie Rossouw (101), Werner Kruger (41), Gary Botha (72), Gurthrö Steenkamp (65).

Plaasvervangers: Bandise Maku (20), Bees Roux (30), Flip van der Merwe (18), Derick Kuün (55), Jacques-Louis Potgieter (31), Jaco van der Westhuyzen (53), Pedrie Wannenburg (112).

Sport24

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

Lees meer oor: soweto  |  stormers  |  super14  |  bulls  |  rugby

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

Corrie sê... Renoir het te veel gesuip tydens lunch en nou loop die mond oor van die stront wat in sy binneste opgebou het van dei verwaarlosing in sy kinderjare....shame... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

Z4 sDRIVE20i AT
2012
R 499,500.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

OPEL

Corsa 1.4 Sport Utility MY04 PU
2009
R 124,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.