Super Rugby

'Bulls dalk Saterdag gevaarliker as wat baie dink'

2010-05-11 06:40
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Highlanders te sterk vir Blues
Highlanders te sterk vir Blues

Die Highlanders moes 'n laat terugvegpoging deur die Blues afweer om die Super-rugbykragmeting op Eden Park in Auckland te wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Kaapstad - Pasop. Die Bulls kan Saterdag gevaarliker wees as wat baie mense dink wanneer hulle met ’n verswakte span teen die Stormers op Nuweland uitdraf.

Dít is die mening van twee oud-Springbok-rugbyspelers van die Westelike Provinsie, Schalk Burger sr. en Eddie Andrews.

Ander Kaapse oud-Bokke meen ook dit is ’n goeie besluit deur die Bulls om hul topspelers ’n ruskans te gee nadat hulle reeds verseker is van die boonste plek op vanjaar se Super14-punteleer. Die laaste ronde se wedstryde word die naweek gespeel en die Stormers kan die halfeindstryd misloop indien hulle teen die Bulls verloor.

Burger, pa van die Stormers-kaptein, Schalk Burger, het gesê hy dink die Bulls gaan amper gevaarliker wees omdat baie van die nuwe spelers hulself sal wil bewys, nie net vir die Bulls nie, maar ook vir die Springbok-keurders.

“Dit maak nie saak wie die Bulls kies nie, die Stormers sal eenvoudig beter rugby moet speel.”

Volgens Eddie Andrews, voormalige WP- en Springbok-stut, sal die Bulls-spelers wat al heel seisoen op die bank sit graag speelkans wil kry en kan hulle dalk gevaarliker wees.

“Hulle sal ook graag momentum wil behou. Dit gaan ’n verrassing wees watter span Saterdag op Nuweland gaan uitdraf.”

Divan Serfontein, gewese WP- en Springbok-kaptein, het gesê dit is die regte besluit vir die Bulls.

“Hoekom beserings waag in ’n wedstryd wat jy nie hoef te wen nie? Die Stormers sal natuurlik teen die beste span wil speel en dit mag dalk ’n antiklimaks vir die span en sy ondersteuners wees.”

Oor die momentum wat die Bulls moontlik kan verloor deur ’n verswakte span Kaap toe te stuur, het Serfontein gesê dit is ’n risiko wat hulle sal moet neem.

Theuns Stofberg, ook ’n voormalige Springbok-kaptein, het gesê dit is verstaanbaar dat die Bulls só ’n besluit geneem het omdat hulle reeds na die halfeindronde deurgedring het.

“Dit is goed vir hul spelers op die plaasvervangerbank. Dit gaan nie vir die Stormers makliker wees om te wen nie en behoort hulle te motiveer.”

Volgens Louis Koen, voormalige WP- en Springbok-losskakel, moet ’n span ’n geleentheid aangryp om sy spelers in ’n kompetisie soos die Super14 te laat rus.

“Dit is belangrik om die spelers ’n fisieke en geestelike blaaskans te gee. Die Bulls se bestuur is uitgeslape.

“Die spelers sal reg wees vir die halfeindronde. Veral met dié groep spelers sal hulle dit kan deurstaan.”

- Die Burger

Lees meer oor: rugby  |  bulls

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

Corrie sê... Renoir het te veel gesuip tydens lunch en nou loop die mond oor van die stront wat in sy binneste opgebou het van dei verwaarlosing in sy kinderjare....shame... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

C# Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R180000 - R300000

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

Z4 sDRIVE20i AT
2012
R 499,500.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

OPEL

Corsa 1.4 Sport Utility MY04 PU
2009
R 124,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.