Super Rugby

'Bryan Habana steeds beste vleuel in die wêreld'

2011-02-25 09:13
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Highlanders te sterk vir Blues
Highlanders te sterk vir Blues

Die Highlanders moes 'n laat terugvegpoging deur die Blues afweer om die Super-rugbykragmeting op Eden Park in Auckland te wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Kaapstad - Bryan Habana is die beste vleuel ter wêreld. As iemand ’n paar seisoene gelede daardie stelling gemaak het sou niemand hom skeef aankyk nie, maar die Stormers se agterlyn-slyper, Robbie Fleck, het dit Donderdag hier in die Moederstad opnuut voor die aanvang van die Stormers se Super Rugbyveldtog beklemtoon.

“Daar is niemand anders wat ek eerder op vleuel vir ons sou wou sien nie. Bryan is die beste vleuel ter wêreld,” het Fleck gesê.
“Hy het geweldig baie gehalte en is puik op die oefenveld vir ons.
 
Hy begaan dalk een of twee foute, maar dis net omdat hy soveel doen.

“Mense vergeet van sy ongelooflike werkverrigting en ek is baie tevrede met hom.”

Habana se rekord van 44 drieë in 75 Super Rugbywedstryde en 38 drieë in 68 toetse getuig inderdaad van ’n speler wat as een van die grotes van sy generasie erkenning behoort te kry.

Saterdag op Nuweland is dit hy teen die Lions se aanwins van die Vrystaat, Lionel Mapoe, met die besoekers se jongeling wat dit natuurlik as ’n gulde geleentheid sal beskou om sy aanspraak op ’n eerste Groen-en-Goue trui te versterk.

Daardie tweestryd sal natuurlik afhanklik wees van baie ander faktore, hoewel die vleuels tog ’n sleutelrol sal hê om te speel.

Habana moet ook die rol van mentor by die Stormers vertolk, want Danie Poolman maak op regtervleuel sy buiging in Super Rugby.

Die 21-jarige produk van Paul Roos Gimnasium het verlede jaar sonder om ’n skop pale toe te mik die negende meeste punte in die nasionale o.21-liga aangeteken nadat hy 17 drieë vir die jong Streeptruie ingeryg het.

Fleck voel Poolman en die ander jongeling wat sy buiging in die Stormers se agterlyn in dié reeks maak, Gary van Aswegen, het genoeg in die voorseisoen gedoen om hul plekke in die span te verdien.

“Gary hou daarvan om die wedstryd te beheer. Hy is kalm, begaan nie baie foute nie en het ’n puik aangee.
 
“Ons wil hê ons losskakels moet balverspreiders wees,” het Fleck gesê.
 
“Danie is ’n groot vleuel wat goed afrond. Hy het ook goed in die voorseisoen gevaar, maar hopelik kan ons die bal meer by hom uitkry.

“Super Rugby sal ’n trappie hoër wees vir die jong manne, maar hulle besef die tyd om besluite te neem, sal minder wees.

 Hulle het egter saam met gesoute spelers geoefen en speel saam met ervare manne.”

Vir die jongste sportnuus, volg Nuus24Sport op Twitter.

- Sport24
 

Lees meer oor: bryan habana  |  stormers  |  super rugby  |  lions

Lewer kommentaar op hierdie artikel
33 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

Corrie sê... Renoir het te veel gesuip tydens lunch en nou loop die mond oor van die stront wat in sy binneste opgebou het van dei verwaarlosing in sy kinderjare....shame... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

Z4 sDRIVE20i AT
2012
R 499,500.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

OPEL

Corsa 1.4 Sport Utility MY04 PU
2009
R 124,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.