Brüssow onverwags terug teen Lions
2011-03-10 07:01
In-diepte Verslae
Die Highlanders moes 'n laat terugvegpoging deur die Blues afweer om die Super-rugbykragmeting op Eden Park in Auckland te wen.
Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.
Bloemfontein – Die Springbok-flank Heinrich Brüssow sal ietwat onverwags weens beserings in die Cheetahs-kamp Saterdag hier sy terugkeer tot Super Rugby maak.
Brüssow is noodgedwonge ná sowat ’n jaar uit aksie in die Cheetahs se beginspan vir hul kragmeting teen die Lions in die Vrystaat-stadion ingesluit.
Die Bok sal in die beseerde Frans Viljoen (dyspier) se plek uitdraf. Viljoen se besering is een van drie wat veranderings aan die oorspronklike 22-tal genoodsaak het.
Buiten Viljoen, kon die plaasvervanger-stut Lourens Adriaanse (bors) en die plaasvervanger-agterspeler Philip Burger (kuit) nie beserings afskud nie.
Burger word deur die vlugvoetige Fabian Juries vervang, terwyl Kobus Calldo in Adriaanse se plek sal speel.
Boonop is die heelagter Hennie Daniller, wat aanvanklik nie teen die Lions sou speel nie, ook op die Cheetahs se lang krukkelys.
Volgens Naka Drotské, die Cheetahs se breier, het Daniller ’n skeur in sy kuit en is sy en Burger se beserings van so ’n aard dat hulle nie saam met sy span oorsee sal toer nie.
“Philip het ook ’n skeur in sy kuit, sal drie weke uit wees en gaan daarom nes Hennie nie toer nie,” sê Drotské.
Daniller en Burger sluit hulle by Viljoen, Adriaanse, die haker Adriaan Strauss (gebreekte hand) en die flank Juan Smith (geskeurde hakskeensening) ná slegs drie Super-wedstryde aan.
Die Cheetahs-span is:
Riaan Viljoen, Philip Snyman, Robert Ebersohn, Andries Strauss (k), Rayno Benjamin, Sias Ebersohn, Sarel Pretorius, Ashley Johnson, Philip van der Walt, Heinrich Brüssow, Wilhelm Steenkamp, Martin Muller, WP Nel, Ryno Barnes, Coenie Oosthuizen.
Plaasvervangers:
Skipper Badenhorst, Kobus Calldo, Francois Uys, Kabamba Floors, Tewis de Bruyn, Naas Olivier, Fabian Juries.
– Sport24
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg