Brumbies kry nuwe verdedigingsbreier
2012-12-11 09:17
In-diepte Verslae
Die Sharks sowel as die Springbokke het 'n terugslag beleef met die nuus dat die vleuel JP Pietersen lank op die krukkelys gaan wees.
Die Cheetahs se afrigter, Naka Drotské, het die versoeking weerstaan om Heinrich Brüssow in die 15-tal te kies vir die stryd teen die Higlanders.
Sydney – Die veteraan Brian Smith is Dinsdag as die Brumbies se nuwe verdedigingsafrigter vir aanstaande jaar se Super-rugbyseisoen onthul, nadat hy deur die rugbyliga-span die Sydney Roosters afgedank is.
Smith, wat in Australië en Brittanje afgerig het, sluit by 'n spanbestuur aan wat die Wallaby-legende Stephen Larkham en voormalige hoofafrigter van die Brumbies, Laurie Fisher, insluit.
Tydens sy loopbaan as afrigter, wat oor twee dekades strek, het Smith Illawarra, St George, Newcastle, Parramatta en die Sydney Roosters afgerig.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- Sapa - AFP