Brumbies-breier: Bulls sal Super14 vat
2010-05-17 13:00
In-diepte Verslae
Die Highlanders moes 'n laat terugvegpoging deur die Blues afweer om die Super-rugbykragmeting op Eden Park in Auckland te wen.
Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.
Canberra - Andy Friend, die afrigter van die Brumbies, dink dit sal die Bulls wees wat vanjaar as die kampioene van die Super14-rugbytoernooi sal seëvier.
Ongeag die motiewe agter die Bulls se besluit om 14 spelers te laat rus vir die afgelope naweek se wedstryd teen die Stormers, staan Friend agter hulle om vir ‘n agtereenvolgende jaar met die Super14-titel weg te stap.
Die Bulls het Saterdag 38-10 teen die Stromers verloor, maar pronk steeds heel bo aan die Super14-punteleër, met die Stormers kort op hulle hakke, gevolg deur die Waratahs en die Crusaders.
Die Crusaders, wat Vrydag die Brumbies uit die toernooi geskop het, sal die Bulls in die halfeindronde aanvat, terwyl die Stormers teen die Waratahs in Kaapstad te staan kom.
Die Bulls sal voordeel put uit die feit dat albei wedstryde in Suid-Afrika plaasvind, het ‘n telleurgestelde Friend gesê.
Die reisfaktor sal 'n invloed hê op die span wat vanjaar gaan wen, het hy gesê.
Kliek op Sport24 vir die volledige berig.
Volg Nuus24 op Twitter.