Super Rugby

Brits sluit by Stormers aan

2011-06-27 21:04
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Highlanders te sterk vir Blues
Highlanders te sterk vir Blues

Die Highlanders moes 'n laat terugvegpoging deur die Blues afweer om die Super-rugbykragmeting op Eden Park in Auckland te wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Kaapstad – Die Saracens-haker Schalk Brits het ‘n noodoproep van die beleërde Stormers-span beantwoord en sal hom by die span aansluit voor Saterdag se Super Rugby-halfeindstryd teen die Crusaders op Nuweland.

Die Stormers-afrigter, Allister Coetzee, het gesê Saracens het ingestem om Brits vry te stel en die Super Rugby-base by Sanzar het hom die groen lig gegee om as ‘n losvoorspeler ingespan te word vir die res van die Super Rugby-seisoen.

Brits het Sondagnag in Kaapstad aangekom en was Maandagoggend by die span se basis in Bellville.

Die Stormers-agtsteman Duane Vermeulen is twee weke gelede in die wedstryd teen die Cheetahs beseer en die spanbestuur het besluit om die SA onder-20-flank Siya Kolisi as ‘n plaasvervanger in te roep.

Kolisi was nog verlede week in Italië saam met die Bokkies.

Hyi het egter oor die naweek in ‘n rooftog ‘n besering opgedoen en is onfiks verklaar. Hy het harsingskudding opgedoen, asook gewrig- en skouerbeserings.

“Ons wou ‘n speler met die X-faktor hê en Brits bring dit na die span,” het Coetzee gesê. “Sanzar het hom toestemming gegee om as losvoorspeler te speel en nie as haker nie.”

“Ons probleem was op losvoorspeler en Brits het al vantevore daar vir die Stormers gespeel. Hy sal nie ‘n probleem hê om daar te speel nie, aangesien hy reeds soos ‘n losvoorspeler speel, al het hy die bal by die lynstane ingegooi en in die skrum gedruk vir Saracens.

“Ons was op soek na ‘n speler soos Nick Koster wat ‘n impak kan maak wanneer hy van die plaasvervangerbank af ingespan word en Brits het daardie vermoë.”

- Vir die jongste sportnuus, volg Nuus24Sport op Twitter

 

- SAPA

Lees meer oor: schalk brits  |  super rugby

Lewer kommentaar op hierdie artikel
71 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

Corrie sê... Renoir het te veel gesuip tydens lunch en nou loop die mond oor van die stront wat in sy binneste opgebou het van dei verwaarlosing in sy kinderjare....shame... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

Z4 sDRIVE20i AT
2012
R 499,500.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

OPEL

Corsa 1.4 Sport Utility MY04 PU
2009
R 124,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.