Super Rugby

Breier tree in bres vir Sireli ná nóg 'n blaps

2010-05-10 11:44
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Highlanders te sterk vir Blues
Highlanders te sterk vir Blues

Die Highlanders moes 'n laat terugvegpoging deur die Blues afweer om die Super-rugbykragmeting op Eden Park in Auckland te wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Durban - Sireli Naqelevuki se jongste blaps gaan straks nie teen hom tel wanneer die Stormers se afrigter, Allister Coetzee, vandeesweek sy span kies vir Saterdag se deurslaggewende Super14-rugbywedstryd teen die Bulls op Nuweland nie.

Die Fidjiaanse vleuel kon Saterdag nie daarin slaag om die bal in sy doelgebied te beheer en dood te druk nie ná ’n nie te wafferse skoppie oor die Stormers se koppe deur Ruan Pienaar.

Die Sharks se Springbok-losskakel het dié geskenk kort voor rustyd aanvaar en self gedruk nadat hy opgevolg het.

Die Sharks het eindelik met 20-14 gewen nadat hulle rustyd met 14-0 voor was.

Dit verg nie ’n graad in wiskunde om uit te werk wat die uitslag kon wees as die Stormers sewe punte beter daaraan toe was nie, maar dit sou seker ook onregverdig teenoor Naqelevuki wees.

Eerstens het hy vanjaar al baie goeie vertonings gelewer en tweedens is die Stormers Saterdag deur die bank fisiek oorrompel en takties uitoorlê. Die telbord kon veel slegter gelyk het – en hulle het eintlik nie die bonuspunt verdien nie wat straks nog daartoe kan lei dat ’n halfeindstryd op Nuweland gespeel word.

Naqelevuki se blaps sou nietemin sorg dat daar vandeesweek spoke opgejaag word oor daardie hoogvat op Jaco Pretorius in verlede jaar se Curriebeker-halfeindstryd op Nuweland.

Coetzee het ná Saterdag se nederlaag opnuut vir Naqelevuki geskerm.

“Sireli is baie teleurgesteld. Ek bewonder hom, want hy was onder druk in Kaapstad omdat mense gevoel het hy het die span ’n plek in die eindstryd gekos. Die manier waarop hy teruggekom het, spreek baie oor sy karakter. My en Schalk Burger (kaptein) se werk is om hom met selfvertroue toe te rus. Hy het veral op toer puik rugby gespeel en ons moet seker maak dat hy oorgehaal is vir die stryd teen die Bulls.”

Rory Kockott en Ruan Pienaar het as skakelpaar agter die vuurwarm Sharks-oond gedy. Daarteenoor is daar opnuut vrae oor Dewaldt Duvenage en Peter Grant se taktiese skopwerk en lynskoppe.

“Jy moet vir die Sharks krediet gee, want hulle het veral in die fisieke afdeling baie goed gevaar,” sê Coetzee.

“Ons het geen gunsies verwag nie, maar onsself in die steek gelaat met ongedwonge foute. Ons het takties verkeerd gespeel en kon nie in die regte areas van die veld kom om besit te behou en fases te bou nie.

“Dit was die mees fisieke stryd waarin die spelers hierdie seisoen gespeel het. In hierdie kompetisie móét jy in die vaste fasette akkuraat wees. Ons het in die lynstane ’n paar balle verloor. Wat die skrumstryd betref, speel jy ook teen ’n Bok-pak. Ons pak het vanjaar gegroei, maar nie dié keer vir die stryd in die vaste fasette ‘opgedaag’ nie. Dis ’n duur les, maar ek is baie gelukkig oor die bonuspunt.”

Al die Stormers sal dankbaar wees oor daardie bonuspunt. Nou moet die spelers hulle regruk en die korrekte ingesteldheid vir die belangrike stryd teen die Bulls vind.

Puntemakers:

Sharks 20 (14): Drieë: Odwa Ndungane, Ruan Pienaar. Doelskoppe: Pienaar (2). Strafdoele: Pienaar (2).

Stormers 14 (0): Drieë: Peter Grant, Francois Louw. Doelskoppe: Grant (2).

- Sport24


- Die Burger

Lees meer oor: stormers  |  super14  |  bulls

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

Corrie sê... Renoir het te veel gesuip tydens lunch en nou loop die mond oor van die stront wat in sy binneste opgebou het van dei verwaarlosing in sy kinderjare....shame... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

Z4 sDRIVE20i AT
2012
R 499,500.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

OPEL

Corsa 1.4 Sport Utility MY04 PU
2009
R 124,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.