Super Rugby

Breier kies hardebaarde vir stryd teen Crusaders

2010-05-19 09:02
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Highlanders te sterk vir Blues
Highlanders te sterk vir Blues

Die Highlanders moes 'n laat terugvegpoging deur die Blues afweer om die Super-rugbykragmeting op Eden Park in Auckland te wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

J.J. Harmse

Soweto - Die Bulls is wel sonder Bakkies Botha, maar op dié ou grote na het Frans Ludeke die sterkste beskikbare span gekies om die Crusaders hier in Soweto in die halfeindstryd van die Super14-reeks te pak.

Slegs een speler, Jaco van der Westhuyzen, het die Kaapstad-debakel oorleef en speel weer regtervleuel, terwyl die gebruiklike groep spelers wat nie daar in aksie was nie, hulle normale plekke inneem.

Jaco Pretorius is weer fiks en hy sal in die middelveld saam met Wynand Olivier speel.

Dié twee is die Bulls se eerstekeuse-paar en het ook verlede jaar in die eindstryd van die Super14-reeks gespeel.

Pretorius se seisoen is deur onder meer bloeding in ’n spier, ’n gekraakte oogkas en ’n verrekte enkelligament onderbreek, maar hy het van laasgenoemde besering herstel. Hy het skerp gelyk toe die span die eerste keer hier in die Orlando-stadion litte losgemaak het.

“Dit is lekker om Jaco weer fiks te hê. Hy het goed deur sy fiksheidstoets gekom en is die nommereen-speler in sy posisie. Ons was gelukkig om iemand soos Dippies (Stephan Dippenaar) te hê wat sy kanse gebruik het toe Jaco beseer was en hy sal sy kans van die bank af kry,” het Ludeke gesê.

Jacques-Louis Potgieter, wat in die vorige Crusaders-stryd op Loftus saam met Olivier senter was, en Dippenaar is die enigste twee plaasvervangers agterlangs, met Ludeke wat die soveelste keer vyf voorspelers as plaasvervangers kan inspan.

Flip van der Merwe kry weens Botha se skorsing kans om hom as ’n plaasvervanger bekend te stel.

Die span is beslis die mees ervare wat die Bulls nóg vir so ’n belangrike wedstryd inspan.

Danie Rossouw het toevallig laas teen die Crusaders sy 100ste wedstryd vir die Bulls gespeel en Victor Matfield, wat die span vir ’n rekordgetal 58 keer reeds aangevoer het, vermag dieselfde. Hy het wel in sy 1999-debuutjaar in Superrugby agt keer vir die Cats gespeel en sy 100ste wedstryd op dié vlak teen die Hurricanes op 20 Maart gespeel.

Op Francois Hougaard na het al die spelers in die beginspan ook al die Super14-titel gewen, hoewel Van der Westhuyzen en Gary Botha dit met die Bulls se titel van 2007 laas vermag het.

Van der Westhuyzen, Olivier, Morné Steyn, Fourie du Preez, Pierre Spies, Botha en Gurthrö Steenkamp het reeds meer 50 keer vir die Bulls uitgedraf.

Volgens Botha is dié ervaring baie belangrik. “Veral omdat jy teen ’n span speel wat self al aan halfeindstryde gewoord is.”

Die Bulls se span is:
 
Zane Kirchner, Jaco van der Westhuyzen, Jaco Pretorius, Wynand Olivier, Francois Hougaard, Morné Steyn, Fourie du Preez, Pierre Spies, Dewald Potgieter, Deon Stegmann, Victor Matfield (k), Danie Rossouw, Werner Kruger, Gary Botha, Gurthrö Steenkamp. Plaasvervangers: Bandise Maku, Bees Roux, Flip van der Merwe, Derick Kuün, Jacques-Louis Potgieter, Stephan Dippenaar, Pedrie Wannenburg

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24

Lees meer oor: bulls  |  super14

Lewer kommentaar op hierdie artikel
25 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

Corrie sê... Renoir het te veel gesuip tydens lunch en nou loop die mond oor van die stront wat in sy binneste opgebou het van dei verwaarlosing in sy kinderjare....shame... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

Z4 sDRIVE20i AT
2012
R 499,500.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

OPEL

Corsa 1.4 Sport Utility MY04 PU
2009
R 124,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.