Blues wen derby teen Chiefs
2010-05-15 11:29
In-diepte Verslae
Die Highlanders moes 'n laat terugvegpoging deur die Blues afweer om die Super-rugbykragmeting op Eden Park in Auckland te wen.
Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.
Anja Carstens
Kaapstad - Die Blues het hul laaste Super14-wedstryd van die seisoen op 'n hoë noot afgesluit toe hulle die Chiefs met 30-20 op Eden Park in Auckland geklop het.
Die tuisspan het vyf drieë vir 'n bonuspunt gedruk teenoor die twee drieë van die Chiefs.
Teen rustyd het die Blues met 12-6 voorgeloop terwyl hulle ook met die meeste balbesit in die eerste helfte kon spog.
Die losskakel van die Blues, Stephen Brett, wat gewoonlik met 'n uiters betroubare skopvoet spog, het met vyf van sy sewe pogings na die pale misluk.
Chiefs-skrumskakel Brendon Leonard was aan die voorpunt van die Chiefs
se verdediging en het met sy duikslae goed gedoen om te keer dat die Blues
nie met die wedstryd weghardloop nie.
Puntemakers:
Blues: Drieë: Alby Mathewson, Benson Stanley, Paul Williams, Rudi Wulf (2), Doelskoppe: Stephen Brett Strafskoppe: Stephen Brett
Chiefs: Drieë: Liam Messam, Save Tokula Doelskoppe: Trent Renata (2) Stafskoppe: Trent Renata (2)
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
- Nuus24