Blues verras Crusaders
2011-02-19 10:28
In-diepte Verslae
Die Highlanders moes 'n laat terugvegpoging deur die Blues afweer om die Super-rugbykragmeting op Eden Park in Auckland te wen.
Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.
Auckland – In ‘n wedstryd wat oë langs en op die veld laat rek het, het die Blues die sewemalige Super Rugby-kampioene, die Crusaders, Saterdag op Eden Park, Auckland, 24-22 gewen.
Die Blues was teen halftyd 19-6 agter na ‘n louwarm 40 minute.
Die span het egter terug geveg, met haker en kaptein Keven Mealamu wat drie drieë ingeryg het, asook ‘n drie elk vir Benson Stanley, senter, en die stut Tony Woodcock.
Losskakel Stephen Brett het sy bydrae in die vorm van drie strafskoppe gemaak.
Andy Ellis, skrumskakel, en Sean Maitland, vleuel, was die driedrukkers aan die Crusaders se kant.
Die Blues kry vier Super Rugby-punte vir hul oorwinning, terwyl die Crusaders slegs een punt ontvang omdat hulle met sewe of minder punte verloor het.
Volg Nuus24Sport op Twitter.