Blues verander aan wenspan
2013-03-08 12:46
In-diepte Verslae
Die Kings het aangekondig dat hul vaardigheidsafrigter, Brad Mooar, die span weens persoonlike redes verlaat het en op pad terug is na Nieu-Seeland.
Die Cheetahs se afrigter, Naka Drotské, het die versoeking weerstaan om Heinrich Brüssow in die 15-tal te kies vir die stryd teen die Higlanders.
Auckland – Die Blues se afrigter, John Kirwan het ses veranderings aan sy wenspan gemaak vir Sondag se Super-rugbystryd teen die Bulls op Edenpark in Auckland.
Die Kiwi's het volgende naweek 'n loslooitjie, maar Kirwan het die versoeking weerstaan om dieselfde vyftiental wat die Hurricanes en Crusaders kafgedraf het, teen die Bulls in te span.
Liaki Moli sal die kaptein Ali Williams se slotmaat wees terwyl die stut Tim Perry en haker Quentin MacDonald die nuwe gesigte in die voorry is.
Kane Barrett kry sy kans op oopkantflank met Steven Luatua wat na die agsteman-posisie skuif om Peter Saili 'n blaaskans te gee.
In die agterlyn sal Braden Kerr vir Chris Noakes, wat las van 'n seer lies het, op losskakel vervang en Waisake Naholo draf in die plek van George Moala op linkervleuel uit.
Afskoptyd Sondag is om 05:05.
So lyk die span:
15. Charles Piutau, 14. Frank Halai, 13. Rene Ranger, 12. Peter Saili, 11. Waisake Naholo, 10. Baden Kerr, 9. Piri Weepu, 8. Steve Luatua, 7. Luke Braid, 6. Kane Barrett, 5. Liaki Moli, 4. Ali Williams (kaptein), 3. Charlie Faumuina, 2. Quentin MacDonald, 1. Tim Perry.
Plaasvervangers: James Parsons, Angus Ta'avao, Ronald Raaymakers, Brendon O'Connor, Jamison Gibson-Park, Marty McKenzie, Albert Nikoro.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24